Wat elke man behoort te weet

Wat elke man behoort te weet

Gansbaai Courant

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het hul Mansgesondheidsveldtog van stapel gestuur om ‘n groter bewustheid van prostaat- en testiskanker onder mans te skep, by wyse van opvoedkundige veldtogte wat  vroeë opsporing beklemtoon.

Prostaatkanker is die algemeenste kanker onder Suid-Afrikaanse mans, behalwe velkanker, en vroeë opsporing verhoog die kanse vir doeltreffende behandeling aansienlik.

Die prostaatklier is ‘n klein orgaan wat net in mans voorkom.  Dit vervaardig semen wat die spermselle voed en dra.  Prostaatkanker kom nie algemeen voor by mans jonger as 40 nie, maar is meer algemeen in later jare.

Vanaf ouderdom 40 behoort elke man jaarliks vir ‘n  Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) –toets te gaan. Die bloedtoets wat die PSA-vlakke meet (PSA is ‘n proteien wat deur prostaatselle vervaardig word) sal aandui of daar ‘n abnormaliteit by die prostaatklier teenwoordig is, al dan nie.    Mans met hoë PSA-vlakke word aangeraai om ‘n biopsie te laat doen (‘n weefselmonster word van die prostaatklier geneem) om vas te stel of daar kankeragtige selle is.

Gedurende Junie en Julie 2013 bied KANSA in samewerking met Pathcare  PSA bloedtoetse  teen ‘n spesiale tarief van R85 aan.  In die Overberg-distrik word die toetse by die volgende mediese praktisyns gedoen:

Villiersdorp   Mediese Sentrum                                                                                 
Caledon        Dr Mostert, Dr Schoonbee & Ven
Napier           Dr Truter
Bredasdorp   Dr Bosch & Ven, Dr Retief
Kleinmond    Dr du Plessis & Ven
Gansbaai      Dr M Barnard & Ven
Hermanus Pathcare (Mediese Sentrum)

Prostaatkanker ontwikkel gewoonlik stadig en progressief, en sal in ‘n begin stadium geen simptome toon nie.   Vroeë waarskuwingstekens is moeilike urinering, moeite om te begin urineer en te stop, en ‘n behoefte om gereeld te urineer – veral in die nag.  Die gewas wat op die uretra druk en die urienvloei affekteer of blokkeer, veroorsaak gewoonlik hierdie simptome.

Latere simptome in gevorderde kanker sluit in bloed in die urien, ‘n pynlike of brandgevoel tydens urinering, en enige van voorgenoemde simptome, gekombineer met pyn in die lae rug, bobene of bekken-area.  Aanhoudende pyn wat nie verklaar kan word nie, verdien altyd mediese aandag.

Aangesien die presiese oorsaak van prostaatkanker nie bekend is nie, kan die meeste oorsake daarvan nie uitgeskakel word nie.  Om jou risiko te verlaag, gaan ná ouderdom 50 elke jaar vir opsporingstoetse, volg ‘n dieet wat min vet en diereproteïen insluit, en as daar ‘n familiegeskiedenis van die siekte is, is dit raadsaam om vanaf ouderdom 40 gereeld toetse te ondergaan.

KANSA kan help om jou vrae te beantwoord.  Om meer uit te vind oor kanker, skakel KANSA se tolvrynommer by 0800 22 66 22 of besoek hul webwerf by www.cansa.org.za. 

Vir navrae oor PSA toetse kan u die Kansa kantoor in  Onrusrivier skakel, by 028 3163678 of u  plaaslike dokter.

Wat elke man behoort te weet

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant