Voelidentifikasiekursus

Voelidentifikasiekursus

Gansbaai Courant

Die bekende Nonnetjiesuil (Barn Owl)

'n "Flight for Birders" voëlidentifikasie- en bewaringskursus deur dr Anton Odendal is weer op hande. 'n Kort handleiding met sowat 1,600 foto's en illustrasies, asook 'n sertifikaat wat deur BirdLife Suid-Afrika onderskryf word, sal aan deelnemers gegee word. "Swaar klem word op die basiese stappe wat gevolg moet word om voëls te identifiseer geplaas en die beste plekke om raar en soms endemiese spesies te kry, word volledig bespreek," sê Anton. Deelnemers word deurlopend aangemoedig om betrokke te raak in die bewaring van voëls en hul habitatte. Tuinvoëls, watervoëls, roofvoëls en moeilike groepe soos "Little Brown Jobs" en swaeltjies word sistematies en op praktiese wyse geïllustreer. Praktiese maniere om voëls en ander natuurlewe na die tuin te lok word ook breedvoerig bespreek.

Die kursus fokus baie sterk op bewaringskwessies wat voëls bedreig en praktiese wenke word gegee oor hoe gewone voëlkykers in bewaringsaksies betrokke kan raak. Anton sê 'n verdere kenmerk van die kursus is dat die voorbereiding om die meeste uit voëlkyk te haal beklemtoon sal word. Die ontwikkeling van voëlkyktoerisme in Suid-Afrika sal ook beklemtoon word. Kursusgangers sal ook tydens 'n praktiese uitstappie gewys word hoe om na voëls te kyk. Die kursus kan dus deur beginners, asook meer ervare voëlkykers bygewoon word, aangesien die bedoeling is om deelnemers te motiveer om voëls te geniet en ook 'n bydrae tot die bewaring van voëls en hul habitatte te lewer.

Die kursus word op 20 en 21 Junie 2013 in die BKB VIP-lokaal, Mega Park in Bredasdorp aangebied. Kostes beloop R450.00 per persoon.

Kontak Elaine by mwjasser@mweb.co.za of 082-455-8402 vir die kursusprogram, registrasievorm en ander relevante inligting.

Hardus Botha 

Voelidentifikasiekursus

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant