Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die 2.93kg Rooi Roman wat Bev Swart (inlas) agter die Buitesteen uitgetrek het
Bev Swart het 'n dag voor die Birkenhead Boothengelklub se hengelkompetisie 'n "rekord" van 'n Rooi Roman boot-in getrek. Bev, 'n lid van die boothengelklub, het op Vrydag, 31 Mei 2013 om ± 11:30 net agter die Buitesteen sy lyn in die water gegooi en die bielie het die skaal se naald op 2.93kg laat stilstaan. Die klubrekord vir die Birkenhead Boothengel vir 'n Rooi Roman staan sedert 2011 op 2.85kg, wat deur Johan Burmeister opgestel is. Jammer vir die dag voor die tyd, Bev, anders was jy die nuwe rekordhouer van die klub gewees! Saterdag se boothengelkompetisie is omver gegooi met erg-weerstoestande, maar die aandfunksie is heel gesellig aangebied, ondanks min mense wat dit as gevolg van die naweek se weer bygewoon het…mense het verkies om die aandjie droog en warm in hul huise deur te bring.
H Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...