Honde vergiftig

Honde vergiftig

Gansbaai Courant

Twee van Sarel Fourie se pragtige honde wat aan vergiftiging dood is

Hoe onnodig en wreed dit ookal mag klink, maar 4 pragtige groot honde is verlede Sondag vergiftig om by Belmont Cash en Carry in die Industriële gebied te kon inbreek…en dit vir sigarette. 'n Dakplaat aan die agterkant van die gebou is oopgebreek, waardeur toegang tot die winkel verkry is. "Ek is daarvan oortuig dat die inbrekers vooraf hul huiswerk in die winkel kom doen het, aangesien hulle presies geweet het waar die kartonne met sigarette is," vertel Naudè Stoltz van Belmont Cash & Carry. Hy sê daar is aan niks anders geraak nie. Die inbrekers het direk na die sigarette gegaan en met sowat R20,000+ se sigarette weggekom. Dié spesifieke inbraak is ongelukkig voorafgegaan deur 'n tragedie wat enige diereliefhebber se bloed sal laat stol. Direk agter die winkel is Sarel Fourie en Deon Vermeulen se besighede. Elk van hulle het pragtige honde wat hulle eiendom snags beskerm. Hierdie diere is ongenadiglik met 'n baie sterk gif vergiftig, aangesien 3 van die 4 wat die gif ingekry het, op die toneel dood is. Twee van die honde behoort aan Deon, waarvan een nog lewe getoon het en inderhaas na Stanford se veearts geneem is. Hy is behandel en op 'n drip geplaas is. Met die ter perse gaan van hierdie berig, was Deon'hulle op die punt om die hond weer te gaan haal. "Die hond is nog steeds op 'n drip en is baie swak en ons het geen sekerheid of hy dit gaan oorleef of nie." Sarel was nie so gelukkig nie. Altwee sy honde is dood, waarvan een 'n pragtige skaaphond is. "Dit was vir my 'n harde slag, veral omdat een van hulle al 14 jaar by my is," het Sarel gesê. "Dit moes geweldige sterk gif gewees het, aangesien dit duidelik was dat die honde baie gebraak het voordat hulle dood is."                                                            
Hardus Botha



Een van Deon Vermeulen se honde wat vergiftig is
 

Honde vergiftig

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant