Koopkrag chaos

Koopkrag chaos

Gansbaai Courant

Koopkragverbruikers in 'n tou buite Gansbaai OK Foods

Absolute chaos was onlangs aan die orde van die dag met gebruikers van voorafbetaalde elektrisiteit, met verlede week die ergste. Gebruikers het in lang toue, selfs buite op die sypaadjies, by sommige van die groter besighede gestaan om koopkrag te bekom. Sommiges uiters omgekrap, met andere wat die toustanery maar met bietjie humor probeer opbeur het. "Die stelselprobleem het die spoed van verkope erg vertraag en ‘n transaksie wat normaalweg binne sekondes afgehandel moes wees, het tussen 10 minute en ‘n halfuur geduur," lui 'n verklaring wat deur Overstrandse Munisipaliteit uitgereik is. "Hierdie probleem is vererger deurdat die terminale by verkoopspunte ingestel is om na 25 sekondes af te skakel (“time-out”), wat meegebring het dat dieselfde transaksie tot vierkeer herhaal moes word." Hierdie herhaling van transaksies het verdere probleme veroorsaak wat die reeds chaotiese situasie laat sneeubal het en alle verkoopspunte is daardeur benadeel. "As tussentydse maatreël is verkope na ‘n kragtige rekenaar van die diensverskaffer, Syntell in Kaapstad, herlei, maar noudat die probleem opgespoor en reggestel is, sal dit weer na Hermanus herlei word." Etlike kommentare is deur verkopers van koopkrag ontvang: "Ons het reeds sowat 3 weke voor die tyd al besef ons het 'n groot probleem op hande"; "Ons moes na-ure oopbly om kliënte van diens te wees, aangesien hulle nie sonder krag wou loop nie"; "Ons het beslis van ons gewone kliënte, veral bejaardes en dames, hierdeur verloor, aangesien hulle by die aanskoue van soveel saamgedromde mense summier omgedraai het". Navrae deur Gansbaai Courant aan Syntell het op geen kommentaar uitgeloop. Genoemde verklaring wys egter daarop dat, nieteenstaande bogenoemde probleme, me Elmarie Hooneberg, Seniorbestuurder van Finansies, gesê het statistieke bewys dat dieselfde hoeveelheid transaksies tussen 1 tot 5 Mei 2013 gedoen is as tydens die ooreenstemmende tydperk in April vanjaar.
Sy het ook haar waardering uitgespreek teenoor almal wat hul tyd op die vakansiedag en na-ure opgeoffer het om die probleem op te los, met ‘n groot woord van dank aan elke kliënt van Overstrand wat "met geduld en dikwels goeie humor, die ongerief verduur het."
Volgens me Hooneberg kan kliënte verseker wees van Overstrand Munisipaliteit se strewe om ten alle tye ‘n sentrum van uitnemendheid te wees en aan kliënte ‘n uitstaande diens te lewer.                  
Hardus Botha

 

Koopkrag chaos

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant