Huisroof skok Franskralers

Huisroof skok Franskralers

Gansbaai Courant

Twee arrogante inbrekers het ‘n huis in Fouriestraat in Franskraal se veiligheidsdeur en voordeur Saterdagoggend om 7vm oopgebreek en ‘n vrou binne oorval.
Die vrou, wat anoniem wil bly, se man het vroeër die oggend gaan hengel en sy was nog in die slaapkamer toe sy ‘n geraas hoor. “ Ek het gedog dat my man iets vergeet het en teruggekom het, maar toe ek in my kamerdeur kom , het 2 mans uit die ander slaapkamer gekom. Hulle het my by my kamer ingedwing en toe ek vra wat hulle wil hê, het die een iets gesê wat geklink het soos mali of money. Hulle wou ook weet waar my selfoon was,” het die slagoffer Maandag vertel. Dit wil voorkom asof hul goed afrikaans verstaan het, want toe sy sê dat die selfoon in die badkamer was, het hulle dit daar gaan haal. Hulle het daarna haar ringe van haar vingers afgehaal en haar handsak geneem. Hulle het haar toe in die kamer gelos en gevlug.
Sy het na die bure gehardloop en die polisie is ontbied. ‘n Motoris het die 2 mans, wat verdag voorgekom het, oor die R43 by “Pondjie Botter” sien hardloop en die polisie geskakel. Die mans is ook later deur die polisie gejaag, maar het in die bosse ontvlug.
Die egpaar, wat tydens die roof met vakansie in  hul strandhuis was, is geskok en getraumatiseer deur die gebeure.” Ons het altyd geglo dat ons hier baie veiliger is as op Stellenbosch, maar weet nou van beter,” het die vrou se eggenoot gesê. Hy het ook die polisie geloof vir hul vinnige optrede, werkswyse en die besondere deernis wat hul teenoor sy vrou aan die dag gelê het.”
’n Huisroof is ‘n gevaarlike situasie en baie ernstiger as gewone inbraak. Dit kan maklik lelik raak en die vrou is baie gelukkig dat sy nie ernstig beseer is nie,” het  speurkaptein Danie Rautenbach gesê. Enige persoon met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word versoek om die ondersoekbeampte vroue Spr Konst Ronelle  Pieterse by 028 3843091 te skakel.                                     

Francois de Jongh

Huisroof skok Franskralers

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant