Gifstowwe in houtsakke

Gifstowwe in houtsakke

Gansbaai Courant

'n Leser van Gansbaai Courant het met 'n sak waarin hy braaihout gekoop het, by die kantoor aangedoen. Hy het gesê dat hy dié spesifieke sakke hout by die verkoopsarea by die ingang na die Industriële gebied gekoop het. Nadat hy die sakke oopgemaak het en die hout hanteer het, het sy vel en oë erg begin brand. Hy het besef dat dit die gifstowwe is wat oorspronklik in die sakke was, wat die allergie veroorsaak het. "Ek het net gevoel lesers moet bewus wees van die situasie, aangesien die gifstowwe dalk 'n erger uitwerking op kinders kan hê," het hy gesê. Die waarskuwingsteken op die spesifieke sakke waarin die hout verkoop word, lui soos volg: "HAFIF Soda (Soda ash light)". Waarskuwings word in verskeie tale onder spesifieke kodes aangedui: "H319 - Causes serious eye irritation; P264 - Wash thoroughly after handling; P280 - Wear protective gloves, protective clothing, eye protection, face protection; P305, P351, P338 - If in eyes: Rinse cautiously with water for several minutes; P337, P313 - If eye irritation persists: get medical advice/attention." Hierdie aanduidings op die sakke dui sonder twyfel daarop dat braaihout nie daarin verkoop behoort te word nie en lesers kan gerus kennis daarvan neem.                       
Hardus Botha

Gifstowwe in houtsakke

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant