Komposswendelaars bedrywig

Komposswendelaars bedrywig

Gansbaai Courant

 ‘n Groep komposswendelaars van die Kaap is weer in die omgewing bedrywig en inwoners moet op hul hoede wees. ‘n Onlangse geval in Clairvaux, Franskraal is bevestig waar 5 Kaapse mans in ‘n wit Isuzu bakkie met ‘n Kaapse registrasienommer aangedoen het. ‘n Jong vrou, wat verkies om anoniem te bly, is behoorlik ingeloop. “ ‘n Inwoner het later bevestig dat die mans by die sekuriteitshek gestaan het en op navraag gesê het hulle wag vir iemand. Met die hek wat stadig toemaak, kon hulle die terrein betree,” het sy gesê. Een het aan haar voordeur geklop en gesê hy verkoop kunsmis teen R30 per sak, waarop sy geantwoord het dat sy nie belangstel nie. Hy het egter daarop aangedring en die volgende oomblik het nog 4 mans by hom aangesluit. Sy was bekommerd oor haarself en haar baba met wie haar man op daardie oomblik in die woning besig was en na die man geluister. Terwyl sy probeer redeneer het, het die ander reeds begin om die kompos op die grasperk te gooi. Daar is deurentyd met haar gepraat en sy is kort-kort vir water en ys gevra. Die man het haar ingelig dat sy hom R2,500 vir die kunsmis skuld en as sy nie saamstem nie, het sy waarskynlik ‘n paar sakke gemis wat gebruik is. ‘n Redenasie het ontstaan en die man het aggressief met haar oor die betaling geraak. Sy het in trane uitgebars en haar man het hulle meegedeel dat hulle nie kontant in die huis het nie en dat hulle na Gansbaai OK Foods sal moet ry om geld te trek, maar dat hulle daglimiet R1,000 is, waarop hulle toe ingestem het om dié bedrag te aanvaar. Gansbaai SAPD is intussen geskakel en hulle is by die hek raakgeloop, waar die egpaar die situasie verduidelkik het en ook die bedrag van R1,000 in die polisie se teenwoordigheid met die mans bevestig het. By die ATM-teller aangekom, het hulle aggressief op R2,000, “soos ooreengekom”, aangedring. “Dieselfde polisiemanne het ook gearriveer, maar kon toe nie bevestig of die ooreengekome bedrag R1,000 of R2,000 was nie. Met hulle dreigende houding moes ek my daglimiet na R2,000 verhoog om hulle te kon betaal,” het die dame gesê. Die grasperk-area ter sprake beslaan ‘n skrale ±70 vk meter. Soortgelyke gevalle is ook intussen onder Gansbaai Courant se aandag gebring. Kennis kan geneem word dat ‘n kriminele klag nie in omstandighede soos hierdie gelê kan word nie, maar wel ‘n siviele klag. Gansbaai SAPD kan wel by 028-384-0201 geskakel word om soortgelyke optredes aan te meld.                 
Hardus Botha

Komposswendelaars bedrywig

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant