SEKERHEIDSTELLING GELDIGHEID BY HUWELIKSLUITING

SEKERHEIDSTELLING GELDIGHEID BY HUWELIKSLUITING

Gansbaai Courant

Ons hoor so gereeld “Die kontrak is nie geldig nie, want ek is binne gemeenskap van goedere getroud en my vrou het nie geteken nie”.

In die saak van Strydom V Engen Pretroleum, ‘n 2013 beslissing, het Mnr Strydom wat binne gemeenskap van goedere getroud was ‘n onbeperkte akte van sekerheidstelling geteken vir skuld wat hy ten opsigte van Soutpansberg Petroleum (Edms) Bpk aangegaan het.

Soutpansberg is op ‘n stadium gelikwideer, toe Engen egter die sekuriteit wou opeis het Mnr Strydom die verweer geopper dat sy vrou nooit die akte van sekerheidstelling geteken het nie, met gevolg dat dit in terme van Artikel 15(2)(h) van die Wet op Huweliksgoedere ongeldig was.

Die Hooggeregshof het hierdie argument verwerp en Engen se aansoek vir vonnis teen Strydom toegestaan. Strydom het teen die uitspraak geappèlleer.

Artikel 15 (2)(h) lees “that a spouse who is married in community of property “shall not without the written consent of the other spouse … bind himself as surety”  maar

Artikel 15 (6) lees “that the prohibition contained in s 15 (2) (h) does not apply where the spouse who signs the suretyship did so in the ordinary course of his profession, trade or business”

Appèlregter Wallis, in ‘n meerderheidsuitspraak, het bevind dat Strydom in die gewone loop van sy besigheid die sekerheidstelling uitgeoefen het.

Die bewyslas was verder op Strydom wat homself op die beskerming van Artikel 15(2)(h) beroep, om te bewys dat hy homself nie in die normale gang van sy besigheid tot die sekerheidstelling verbind het nie.

Strydom het in die kern van die besigheid gewerk, hy was die aangewese direkteur en dit was duidelik ‘n aanduiding dat dit sy besigheid was. Hy was nie in staat om te bewys dat hy op die beskerming van Artikel 15(2) geregtig was nie.

Die uitoefening van die sekerheidstelling deur haar man kon Mev Strydom potensieël  benadeel, al was sy nie ‘n party tot die geding nie en was die appèl van die hand gewys met koste. Die les hieruit te leer is om maar daardie Huweliksvoorwaardekontrak te laat optrek vóór  die troue, ten einde die boedel teen skuldeisers te beskerm.

GESKRYF DEUR: HUGO CARSTENS PROKUREURS HOOFWEG 15 GANSBAAI

TEL: 028 384 0334/8 SEL: 083 5188 784

SEKERHEIDSTELLING GELDIGHEID BY HUWELIKSLUITING

Hugo Carstens Prokureurs

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant