Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die evangelis van die Makhathini-vlaktes op besoek in Gansbaai, saam met sy eggenote, Lindiwe
Vanjaar se NG-Pinksterdienste was weer eens besonders, met die tema "Here, leer ons bid", gebaseer op "Die Onse Vader" (Mat 6:9-13). Die leraars het om die beurt die kerngedeeltes van die besonderse gebed ontleed en verduidelik, wat opnuut weer nuwe betekenis daaraan geheg het. "Gebed omspan die hele wêreld. Dit is belangrik in ons egte en opregte verhouding met God. Gebed kan skyn wees, waar dit nie gaan om God se naam te heilig nie, maar onself. Gebed vorm die hart van ons verhouding met God. Gebed gaan nie om eie eer nie." Die Pinksterweek is oudergewoonte met ‘n sop- en broodaand afgesluit waar gemeentelede en gaste saam kon verkeer onder die impak van die voorafgaande aanddienste. Twee van die kuiergaste was die evangelis, Bongenkosi (Bongi) Mthembu en sy eggenote, Lindiwe vanaf die Makhathini-vlaktes in KwaZulu-Natal. Bongi het gedurende Mei 1999 tot bekering gekom, homself as ‘n evangelis bekwaam en doen sedertdien uitstaande werk op die Makahathini-vlaktes, waar Lindiwe terselfdertyd ‘n suksesvolle kleuterskool, die Vuku-khanye Chrech, bedryf. Dit was nie hulle eerste kuier in Gansbaai nie en die twee het dit weer eens terdeë geniet om oral rondgeneem te word en kan steeds nie uitgepraat raak oor die vriendelike ontvangs wat hulle telkens hier ervaar nie. Onder andere het hulle byeenkomste en eredienste bygewoon en plekke soos Gansbaai hawe, Gansbaai Toerisme en Gansbaai Courant, waar die "Paperman" (aldus Bongi) werk, besoek.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...