WATERBESPARING AL STYG DAMVLAK

WATERBESPARING AL STYG DAMVLAK

Gansbaai Courant

De Bos dam is tans oor die 80 persent vol en verlede jaar se stand van onder 20 persent op die ooreenstemmende tyd is ‘n vae herinnering.
Of dalk nie? Hoewel waterverkope in Hermanus vanjaar sowat 10.5% hoër is as verlede jaar, is dit nog steeds 1.6% laer as in 2010/11 en  15,7% laer as in 2009/10.  Besparing word dus nog steeds deur inwoners volgehou. Dit geld egter net vir Hermanus aangesien Gansbaai se watervoorsiening genoegsaam is en geen beperkings geld nie.
Op ‘n onlangse vergadering van die Waterbesparings-werkgroep van die Munisipaliteit Overstrand is daar onder meer verslag gedoen oor die vordering met die inbedryfstelling van die boorgatvelde wat in die afgelope tyd ontwikkel is. Die drie boorgate van die Gateway-veld is tans vol in bedryf en lewer sodat 46 ℓ/s.
Die vier boorgate by Camphill en die drie by Volmoed is ook reeds in werking gestel, maar word nog aan toetse onderwerp  terwyl daar gewag word vir die uitreiking van die water-lisensies deur die Departement van Waterwese en Bosbou. 
Die nuwe biologiese watersuiweringswerke by Preekstoel is einde Mei deur die kontrakteur op ‘n proefgrondslag in bedryf gestel sodat die nodige toetse gedoen kan word voor dit einde Julie amptelik aan die Munisipaliteit oorhandig word.
Indien daar geen verdere droogtes voorkom nie, sal die huidige waterbronne en infrastruktuur volgens die munisipale scenariobeplannings voldoende wees om in Groter Hermanus se waterbehoeftes tot in 2019 te voldoen. Uitbreiding-opsies word reeds beplan en sluit in die ontwikkeling van verdere boorgate, hergebruik van rioolwater en seewater-ontsouting.
Inwoners moet in gedagte hou dat die natlei van tuine met munisipale water ingevolge die Munisipaliteit se Waterdienste-verordening nie tussen 09:00 en 17:00 toelaatbaar is nie.  Wetstoepassing word gedoen.
Intussen gaan die projek om waterverliese te beperk voort en behoort ‘n verdere kontrak van drie jaar vir die vervanging van watermeters en die installering van vloeibeperkermeters teen die einde van Julie afgehandel te wees. Sowat R8 miljoen is ook in die nuwe finansiële jaar vir die vervanging van lekkende waterpypstelsels oor die hele Overstrand voorsien.
‘n Bewusmakingsveldtog vir die bevordering van waterbesparing in voorheen benadeelde gebiede is by wykskomitees en skole geloods en baie positief ontvang.
Die werkgroep gaan steeds aan met sy werksaamhede en sal weer op 26 Augustus 2013 vergader.                                    
Fanie Krige

WATERBESPARING AL STYG DAMVLAK

Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant