Wynmakers

Wynmakers

Gansbaai Courant

Wynmakers en brandewynmeesters wat hoop op ‘n toekenning of twee in Suid-Afrika se mees toonaangewende wynkompetisies, moet die dagboek nadertrek aangesien inskrywings nou ingewag word.  Terwyl die sluitingsdatum vir inskrywings vir die land se oudste wynkompetisie, die SA Jongwynskou, op 8 Julie val, het kelders kans tot 21 Augustus om hul bestes vir Veritas in te skryf.
Jongwynskou
Die 180-jaar oue SA Jongwynskou is die land se enigste kompetisie waar uitsluitlik wyne van die huidige oesjaar hulle staal kan wys. Kelders skryf jaarliks sowat 2000 wyne in om hul spesifieke wynstyle met dié van hul eweknieë te vergelyk. Wyne ding mee in sewentien kategorieë en die Generaal Smuts trofee vir die algehele kampioen dien as hoogste lof.  Die Pietman Hugo trofee vir die kelder met die hoogste punte vir vyf verskillende inskrywings, of ‘n SA Kampioen is natuurlik ook nie te versmaai nie.
Die beoordeling van vanjaar se jongwyne vind plaas van 22 tot 26 Julie by die Nederburg Veilingkompleks en die wenners word aangekondig op 15 Augustus.
Veritas
‘n Veritas dubbelgoud is ongetwyfeld ‘n benydenswaardige pluimpie vir die vaardighede van plaaslike wynmakers en brandewynmeesters. Hierdie gesaghebbende kompetisie verdien die respek van wyngeesdriftiges en –kenners wêreldwyd en gevolglik ding sowat 1700 markklaar wyne en brandewyne jaarliks mee om die gesogte Veritas simbool van hoogstaande gehalte.
Laat inskrywings word teen ‘n verhoogde fooi tot 29 Augustus aanvaar. Brandewyninskrywings word op 13 September beoordeel en die magdom wyne word van 16 tot 20 September geproe. Die sluitingsdatum vir inskrywings, sowel as die beoordelingsproses vind twee weke later as in die verlede plaas wat kelders addisionele voorbereidingstyd gun.
Vanjaar se wyne en brandewyne wat ‘n dubbelgoud, goud, silwer of brons medalje waardig is, word gedurende ‘n glansdinee op 5 Oktober by die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) bekend gemaak.
Besoek www.youngwineshow.co.za en www.veritas.co.za vir volledige inligting en inskrywingsvorms, of kontak Elsabe Ferreira by 021 863 1599, faks 021 863 1552 of via e-pos na admin@veritas.co.za.

Wynmakers

Teken hierdie datums aan

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant