SA Vertaler in Engeland

SA Vertaler in Engeland

Gansbaai Courant

‘n  Suid-Afrikaner met Britse burgerskap in Engeland, Jan Moodie (regs), is druk besig met die vertaling van  ‘n  hengelboek in Afrikaans. Jan besit steeds eiendom in Hermanus en Kaapstad en sê dat hy goeie herinneringe van Gansbaai en die lekker vakansietye het wat hy hier deurgebring het. Hy is tans besig met die vertaling van  ‘n  Engelse boek in wording vir MapStudio in Kaapstad wat handel oor hengelplekke in en om Suid-Afrika. “Die voorlopige Engelse titel is ‘Born to Fish’, met  ‘n  moontlike sub-titel van ‘Angling Destinations in Southern Africa’, maar soos dit gewoonlik met die skryf van boeke gaan, word die titel eers gefinaliseer wanneer die boek klaar geskryf is,” sê hy. Jan sê hy het Gansbaai Courant via die internet “ontmoet”. Aangesien die vertaling van heelparty hengelterme vir hom  ‘n  kopseer is, het hy  ‘n  e-pos aan Gansbaai Courant gestuur met die versoek of hengelaars hom met sekere hengelterme behulpsaam kan wees.

Albert Potgieter van De Kelders (links) het homself bereid verklaar en moes binne die bestek van  ‘n  week of wat aan die vertaling van bykans 100 Engelse hengelwoorde werk, met versoeke van bepaalde terme wat gereeld hierheen gestuur word. Die boek begin met  ‘n  inleidende hoofstuk, waarna dit fokus op streke soos Namibië, Weskus, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Suid-KwaZulu-Natal, Noord-KwaZulu-Natal, Mosambiek en die Binneland. Dan word dit met  ‘n  hoofstuk oor Suid-Afrikaanse visspesies en -uitkennings afgesluit. Jan het  ‘n  lang beroepsgeskiedenis in Suid-Afrika as joernalis van verskeie koerante, asook vertaler vir etlike Uitgewers en die destydse SAUK-TV. Hy en sy eggenote het intussen na Engeland verhuis en het aan die begin van die jaar Engelse burgerskap ontvang. “Ek geniet dit om navorsing oor sy Engelse hengelterme te doen en om hom behulpsaam daarmee te wees,” vertel Albert.                                    

Hardus  Botha

SA Vertaler in Engeland

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant