Dis nou of nooit

 Dis nou of nooit

Gansbaai Courant

Ons het die benodigde noordwestewind gehad, opgevolg met  ‘n  stewige wes- en suidwestewinde en boonop  ‘n  see wat jou toelaat om op hom te kom. Toestande is dus ideal vir die groter vis om gesig te wys. Teen die afgelope naweek is daar maar bitter min van hierdie vis aangekeer, maar die man wat wegbly van die see moet nie kla as hy tuisbly en die vis misloop nie! Daar was wel sprake van baie mooi makriel wat naby die Punt gevang is.Toestande was lank laas so agtermekaar soos nou en dis te verwagte dat beter dae in sig is. Hierdie periode wat nou gaan volg móét eenvoudig die gewenste resultate lewer. Die weer kan enige tyd verander, en dit kan òf goed òf sleg wees, en die watertemperatuur kan dan bepalend wees.

Van die stokmanne het laas week so kuier-kuier vanaf Pearly Beach hulle ding gedoen en minstens een het droëbek kom vertel hoe baie hy van niks gevang het. Op die Plaat was dit  ‘n  ander storie en daar het darem  ‘n  paar galjoen uitgekom.
Met die regte aas en indien die gety reg gelees word sal galjoen se kind moet kom proe. Dis nou  ‘n  geval van aanhouer wen.

Groete, Seemeeu


Hieronder volg die volgende vertaalde hengelterme, kommentaar, asseblief.
Plugs and chiselnosed plugs - lepels en bytelneuslepels
Lipped cranked baits - gelipte kunsaas (byv. Rapalas)
Braided fishing line - gevlegte vislyn
Spool capacity - spoelkapasiteit
Leader line - voorslaglyn
Centre pin reel – middelpenkatrol 

 Dis nou of nooit

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant