Warm magies vir Jeugdag

Warm magies vir Jeugdag

Gansbaai Courant

Waar lê ons toekoms indien nie met die jeug van vandag nie?

Kinders van alle ouder-domme word opgevoed deur ons aksies, en wat ‘n  beter leermeester as een met ‘n  gawe hart…

Ter viering van die opkomende jeugdag op die 16de Junie 2013, het die Great White House Restaurant in Kleinbaai se vloerspan die Strandlopertjies Bewaar Skool in Blompark, Gansbaai, besoek.

“Ons wil ‘n  verskil maak in ons kinders van vandag se lewens” het Sonja Vorster, van die Great White House Restaurant, verduidelik. “En waar beter om te begin as om hulle met ‘n  warm koppie sop en n heerlike broodjie te bederf op hulle jeugdag?”

Die besluit om hierdie skool te ondersteun vir jeugdag het gekom vanaf die Great White House vloerspan, almal inwoners uit Gansbaai, Blompark en Masakhane. Die span sê hulle tel hulle gawes elke dag, en is dankbaar vir die kanse wat hulle gegun is deur die bestuur en eienaars van hul besigheid, Wilfred Chivell en Susan Visagie, en dat dit tyd is vir hulle om terug te ploeg in hul gemeenskap waar hulle kan.”

Op die spesifieke dag was daar toevallig net 16 kinders aanwesig by die skool – heel gepas met Jeugdag wat eintlik op die 16de Junie val!

Die Strandlopertjies Bewaar Skool word bestuur deur Mev Joleze Sauls en alle bevondsing vir die skool word ingesamel vanuit die omliggende gemeenskap.

Kom besoek gerus die Great White House vir onvergelykbare gasvryheid en watertand lekker maaltye. Alternatief kan u ons webwerf by www.thegreatwhitehouse.co.za  besigtig, of kontak ons direk by (028)384 3273.

Alouise Lynch

Warm magies vir Jeugdag

Alouise Lynch

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant