EIENDOMSAGENTE

EIENDOMSAGENTE

Gansbaai Courant

INPERKING OP HANDELSVRYHEID

Ons sien so gereeld dat eiendomsagente van agentskappe verander en dan word daar dikwels gespekuleer of daar nie die een of ander inperkingsklousule (restraint of trade) in die dienskontrak ingebou was wat hierdie swerwery tot ‘n  mate kan beperk nie.
In die saak van Enelon CC h/a Realnet Wilgers & Surrounds v Nortje and Another vroeër hierdie jaar het Enelon, ‘n  Beslote Korporasie, wat as ‘n  Eiendomsagent geregistreer was, deur ene Schutte, synde die enigste lid van die Beslote Korporasie, ‘n  aansoek om afdwinging van die inperkingsklousule by die hof gebring.
Die aansoek was teen ‘n  voormalige werknemer gebring wat by ‘n  ander eiendomsagentskap op die dorp gaan werk het. Die feit was dat die applikant kort na sy aanstelling ‘n  inperkingsooreenkoms met die werknemer aangegaan het, ingevolge waarvan laasgenoemde nie binne ‘n  sekere tydperk binne ‘n  sekere area, as eiendomsagent besigheid mag doen nie.
Die aansoek is met koste van die hand gewys om die volgende redes:
1. Die Applikant het nie oor ‘n  getrouheidsfondssertifikaat beskik toe die ooreenkoms aangegaan was nie;
2. Die nuwe werkgewer was nie in die aansoek siteer as ‘n  party tot die geding nie.
Enige eiendomsagent wat assulks sake doen, werk met gelde en vertroue van die publiek en moet ingevolge die Wet op Eiendomsagente in besit wees van ‘n  geldige getrouheidsfondssertifikaat (‘n  praktiserende prokureur mag byvoorbeeld ex officio as eiendomsagent optree, omdat alle praktiserende prokureurs onder die gesag van die prokureursorde resorteer en oor ‘n  Trustrekening beskik wat jaarliks geoudit word en word die publiek se geld deur versekering beskerm teen prokureurs wat oneties sou optree of op ‘n  oneerlike wyse met geld sou handel).
Die duur les weereens hieruit te leer – kry altyd eers ‘n  tweede opinie voordat daar blindelings gelitigeer word, want hofkostes kan noemenswaardig word.

GESKRYF DEUR
HUGO CARSTENS, PROKUREUR, HOOFWEG 15 GANSBAAI
TEL: 028 384 0334/8 SEL: 083 5188 784

EIENDOMSAGENTE

Hugo Carstens Prokureurs

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant