Core en Cardio

Core en Cardio

Gansbaai Courant

Lede van Core & Cardio, met voor vlnr Linda Kloppers en Suzette Wiese, en agter vlnr Desire Pitzer, Leonie du Plessis, Elsabe Schoombie en Rita Pio.

Die lede van Core & Cardio spog nou met hul eie oefenhemde. Dis bloedrooi, dis ge-embleem en dit simboliseer “…vir meer as net oefeninge…”. Te oordeel aan die groot opgewondenheid tydens die klasse, kan dit net lekker wees om ‘n  passie vir oefeninge te hê, en dit is wat Linda Kloppers wel het. “My passie vir fiksheid en liefde vir oefening kom al ‘n  lang pad aan,” vertel Linda. In Groblersdal, waar sy en haar eggenoot, Deon Kloppers en leraar van Omgee-Bedieninge, eers gewoon het, het Linda vir sowat 20 jaar haar eie gimnasium bedryf. “Na ‘n  paar maande in Gansbaai het die oefen-gogga my weer beetgekry en het ek besef ek moet daarmee voortgaan,” vertel sy. Vir die oningeligte, “Core” verwys na maag- en postuurspiere, terwyl “Cardio” na kardiovaskulêre fiksheid verwys. Tans bied Linda groepsklasse aan, maar sy is ook ‘n  gekwalifiseerde persoonlike instrukteur (“personal trainer”). Haar groepsklasse sluit onder andere pilates-, aerobics- en step-klasse in.

Die aërobiese oefeninge bestaan uit ‘n  wye verskeidenheid van oefeninge, soos powerpump, body conditioning, cross training en low impact-klasse. “Alle dames is welkom en daar is ‘n  tipe klas wat elke tipe vrou sal pas!” Linda sê haar primêre doel met die klasse wat sy aanbied, gaan nie nét oor fiksheid nie, maar ook oor vriendskapsbande wat gesmee word.

“Ek volg ‘n  holistiese benadering wat na die algehele gesondheid, fisies sowel as psigies, van die dames omsien,” sê sy. “Die dames word vriendinne wat mekaar se lief en leed deel, en dit is tog so belangrik in vandag se gejaagde stresvolle lewe!” Sy poog dus om ‘n  beter lewenskwaliteit op alle vlakke aan die sowat 20 dames wat tans by haar oefen, te gee.

Die klasse word in Omgee-Bedieninge se saal in Kerkstraat (oorkant Laerskool Gansbaai se agterste hek) aangebied. Belangstellendes kan vir Linda Kloppers by 082-550-7313 skakel.         

Hardus Botha 

Core en Cardio

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant