Stropery in boek verewig

Stropery in boek verewig

Gansbaai Courant

Die skrywer van “Spoor van die Perlemoenstropers”, Johan Fourie saam met sy twee kleinseuns, Ruben (links) en Wynand Malherbe tydens die bekendstelling van sy boek in die Great White House

Perlemoenstropery is in Johan Fourie se nuutste omgewingsmisdaadroman, Spoor van die Perlemoenstropers, verewig. Dié eko-spanningsverhaal, geïnspireer deur feite, gee die leser ‘n  binnekykie na die onderduimshede wat Suid-Afrika se mariene-hulpbronne die afgelope jare “in ‘n  krisis gedompel het”. Die intriges wat met perlemoenstropery gepaardgaan, word in diepte ondersoek. Van meet af aan is dit naelbytaksies wat die leser vanaf wetstoepassers tot by stropers, vanaf vissersgemeenskappe tot by bendes en vanaf Chinese Triades tot by korrupte amptenare voer. Johan se boek is op 20 Junie 2013 in die Great White House bekendgestel en ‘n  groot hoeveelheid belangstellendes het die geleentheid bygewoon. Die Uitgewer is Naledi (Kaapstad), die Redaksiehoof is Melt Myburgh, met Johan Coetzee van De Kelders as Direkteur.

Direk ná die Inleidende hoofstuk (proloog), word Eddie Barnard van Franskraal se liedjie “Perlemoen” aangehaal. Die grootste deel van die verhaal speel in Gansbaai af en hy verwys ook na die sakeryk van die “aanvallige Madelyn Krause”, Gansbaai se eie “Perlemoen Queen”. Johan Fourie is ‘n  natuurbewaarder en tans Besturende Direkteur van The Nature College Wild Life Training. Hy het as helikoptervlieënier in die SA Lugmag gewerk, maar mettertyd het die roepstem van die bos te sterk geword. In 1982 is hy as veldgids na die Krugerwildtuin. Vir vyf jaar het hy die Lebomboberge in die ooste van die wildtuin te voet met sy gaste verken. Na sy dienstermyn op staptoere, is hy oorgeplaas na natuurbestuur. Tien jaar later besluit hy om ‘n  onderneming te stig wat as eksterne deskundiges deur Sanparke gebruik kon word om spesialisfunksies soos natuuropleiding te vervul.

Spoor van die Perlemoenstropers is Johan se derde Omgewingsmisdaadroman en die ander twee boeke uit sy pen is Stryd in die Bos / Cry of the Rhino en Kodenaam Tau. In Gansbaai is Spoor van die Perlemoenstropers teen R149.00 by Gansbaai Book Exchange beskikbaar.          

Hardus Botha

Stropery in boek verewig

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant