Dis nat op see

Dis nat op see

Gansbaai Courant

Eldo Marais (links), met sy geelbek en Jannie Roux met sy mooi rooivisse wat hulle naby Haaibank gevang het.

Omstandighede het weer eens gesorg dat see toe gaan ‘n  probleem word vir die ou wat maar aan die versigtige kant bly. Die rowwe water het ‘n  stort op see amper onvermydelik gemaak en ‘n  kaggelvuurtjie met ‘n  biertjie daarby darem baie meer aantreklik.  Op ‘n  stadium was die see ‘n  baie aanvaarde 14+ grade en alles het daarop gedui dat die toestande nou so ideaal as moontlik was vir die vis om te baljaar, maar nou ja, so het dit ook nie gewerk nie.

Ek lê op ‘n  amper windstil Saterdagoggend nog heerlik in die bed met ‘n  see wat raas en my daaraan herinner dat ek die beter opsie gekies het. Oor die radio hoor ek van  die baie snoek wat nou gevang word en reuse-elwe wat onverwags hulle verskyning gemaak het  --  maar dis sommer baie ver  van ons. Dit laat my ook wonder wat dan nog by ons moet plaasvind voordat ons ook gaan deel in hierdie verskynsel. En elke keer met die voorbereiding van hierdie artikel wonder ek of die manne nie gaan inklim onder die vis voor die verskyning van die Courant nie. Om pal te voorspel dat ons die vis NOU gaan vang en dan maar volgende week weer die kat uit die boom te kyk, raak ‘n  bietjie dik vir ‘n  daalder. Indien jy wil deel aan die verwagte byt van die vis moet jy egter op see wees, want by die huis, doenig in die visdam, gaan jy droëbek bly! 

Welkom aan die vakansiegangers, geniet julle tydjie met ons en hou in gedagte dat galjoen koningskos is, en wanneer jy hom self aangekeer het smaak hy soveel lekkerder. Die erge rowwe water wat ons nou ervaar sal net die boothengelaars nadelig ervaar en kan selfs gunstige toestande veroorsaak vir die manne met die lang stokke. Die verwagting is in elk geval dat daar hierdie week rustiger water op ons wag.

Soos beloof, die volgende vertaalde hengelterme  --  reaksie hierop sal verwelkom word.

Geniet die see, Seemeeu

Smooth drag - egalige remvermoë (van ‘n  katrol)
Hook dislodging tool - hoekverwyderaar
Swimming bait - lewende aas
Throwing plugs - gooilepels (soos vir elf)
Strip bait - strookaas/ reep-aas/ filet
On the drift - op die dryf

Dis nat op see

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant