Huisrower vasgetrek

Huisrower vasgetrek

Gansbaai Courant

‘n  Man het Dinsdagaand om 23:00 toegang tot ‘n  huis in Rietgansstraat, Perlemoenbaai se eerste verdieping gekry en ‘n  vrou met ‘n  mes verskrik. Die vrou was saam met 'n jong seuntjie wat tans daar kuier besig om in die sitkamer televisie te kyk en het ingesluimer. Die seuntjie het haar egter wakker gemaak en gesê daar is 'n gesig en 'n hand by die venster. Sy het na buite gekyk en 'n man op die balkon sien staan. Sy het die kind gegryp en na haar hoofslaapkamer gevlug waar haar man reeds geslaap het.  Sy het weer gaan kyk wat aangaan maar die man het reeds daarin geslaag om die skuifdeur oop te maak en was klaar binne. Hy het 'n mes in sy hand gehad en goed in die kamer gegryp. Die vrou het haar toe by haar man en die kind in die slaapkamer toegesluit en die polisie ontbied. Die inbreker het met sy buit van twee skootrekenaars en 'n selfoon ontvlug. Drie Blompark mans is om 03:50 in Kerkstraat gearresteer en gereedskap is by hulle gekry. Een is positief uitgeken en al drie sal Vrydag in Hermanus Landdroshof verskyn.
Francois de Jongh

Huisrower vasgetrek

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant