Noue ontkoming vir Gansbaaier

Noue ontkoming vir Gansbaaier

Gansbaai Courant

Robert Trautman (Facebook Foto)

Op Woensdag 26 Junie het Robert Trautman, seun van Petro Trautman van Gansbaai, ‘n noue ontkoming ter see  by Arniston gehad.
Robert wou gaan spieshengel  met sy waterponie. Toe hy egter die waterponie by Arniston in die water sit, het hy agtergekom dat die battery pap was omdat hy dit lanklaas gebruik het. Hy het oorbrugkabels gebruik om die enjin aan te skakel en ‘n verbyganger, Coenie Human, het hom kom help.  Coenie is ‘n boer van Victoria–Wes. Hy nooi hom toe sommer om saam te gaan visskiet. Vyf minute later is die twee toe oppad. Hulle mikpunt was 2.6 seemyl vanaf die hawe, maar nog steeds 1 seemyl vanaf die land wat die toelaatbare afstand vir ‘n waterponie is wat hy mag uitgaan. Binne 10 minute was hul by hul bestemming , maar omdat dit laagwater was het die golwe oor die Dunn Drenn wrak gebreek en het hul besluit om so bietje dieper te anker. Coenie het egter laat blyk dat hy bietjie duik onfiks was en dat die water bietjie diep was. Hy het dus op die waterponie gaan wag soos ooreengekom. Robert het sy duikery en visskiet geniet  en intussen het die stroom sterker geword. Toe Robert terugswem na die waterponie het hy dadelik onraad gemerk. Die waterponie was dieper in die water as normaal. Dit het water ingeneem en gesukkel om regop te bly. Robert het die aansitter gedruk en gelukkig het die waterponie aangeskakel. Die wind het egter gedraai en teen 20 knope Noord-noordoos gewaai. Dit het hulle diepsee in laat dryf. Op dié stadium het hul besluit dat Coenie sou afklim en dat Robert hom sou saamsleep. Die waterponie het oorgehel en Robert het ook afgeklim sodat dit nie moes omdop nie. Hulle het ook die ankertou afgesny. Die enjin het op daardie stadium ook uitgesny en hulle het gedryf en die waterponie probeer regop hou sodat hul meer sigbaar sou wees. Hulle het  toe Coenie se vrou gebel. Daarna was die selfoon nie meer bruikbaar nie. Hulle het besef dat dit ten minste 2 uur kon neem voor hulp sou opdaag en maar oor hul families gesels. Potloodlugfakkels is afgeskiet en Coenie se vrou, Marelise, het dit gesien. Intussen het Marelise en die polisie  hul posisie probeer bepaal.Hulle was teen daardie tyd sowat 5seemyl vanaf die kant. Groot was hul verligting toe  NSRI Agulhas tot hul redding gekom het. Die Overberg Brand en reddingsdiens het ook ‘n boot gelanseer. Dit was 1uur 45 minute vanaf die oproep gemaak is totdat hul veilig uit die water gehaal is. Robert en Coenie het hul dank teenoor die al die mense wat in die reddingspoging betrokke was uitgespreek. "Is ek nou bang vir die see? Nee, ek het net ‘n groter respek  vir die see as wat ek voorheen gehad het”, het Robert gesê.  
Deonora de Jongh

 

Noue ontkoming vir Gansbaaier

Deonora de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant