Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Aansoek vir die vergunningsgebruik om ‘n vulstasie op die perseel van Overberg Agri in Stanford te bedryf, is goedgekeur asook die wysiging van ‘n beperkende artikel in die bestaande notariële akte wat die onderneming in staat sal stel om brandstof aan die algemene publiek te verkoop.
Kennis van die aansoek is aan belanghebbers en in die plaaslike media gegee. Twee besware is ontvang, maar verwerp omdat dit gemik was op beskerming teen mededingende handel, wat nie ‘n aanvaarbare rede in terme van grondgebruiksaansoeke is nie. Die grond is in 1981 deur ‘n landboukoöperasie aangekoop met die doel om brandstof en landboutoerusting aan boere te verkoop en in die notariële akte is spesifiek bepaal dat brandstof nie aan die algemene publiek verkoop mag word nie. Die rede daarvoor was dat brandstof aan die landboubedryf op daardie tydstip deur die Staat gesubsidieer was, wat nie meer die geval is nie. Die eienaars beoog om die vulstasie op te gradeer deur ondergrondse tenks te installeer en meer bedieningseilande te skep.
Hoewel ‘n omgewingsimpakstudie nie nodig was nie, sal die omgewings-bestuursplan vir die terrein hersien word. Vanuit ‘n stads-beplanningsperspektief word die sekondêre gebruik van die grond as versoenbaar met die huidige sonering van die grond gesien en sal die vulstasie nie afbreuk doen aan die omliggende beboude omgewing nie. Die aansoek het egter finansiële implikasies ingehou want die grond is in 1981 teen ‘n nominale prys wat nie markverwant was nie, aan die koöperasie verkoop. Daar is op ‘n proses ooreengekom om ‘n kontantvergoeding vir die munisipaliteit te bepaal en ‘n skikkingsbedrag van R23 588,00 is deur die Raad aanvaar.
Alle koste rakende die verwydering van die beperkende voorwaardes sal deur die aansoeker gedra word en die planne vir die opgradering van die vulstasie moet aan die munisipaliteit vir goedkeuring voorgelê word.
Fanie Krige
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...