2013 Feestelikheid

2013 Feestelikheid

Gansbaai Courant

Die programvoorblad van die Fees van Ganse 25 jaar gelede

Met Juliemaand al stewig in die saal, is Gansbaai se Feeste sommer om die draai. Eerste aan die beurt is die Fees van die Ganse se immer gewilde Winter Fynbosskou vanaf 8 tot 11 Augustus. Gansbaai Academia word vanjaar vir die uitstalling benut en, naas die verruklike Fynbosskou, kan inwoners en besoekers ook na ‘n spesie-uitstalling, kunstenaars, stalletjies, gepaste musiekvermaak deur plaaslike kunstenaars en veel meer uitsien. Plus ‘n “Ete in die Fynbos en ‘n Interkerklike Erediens in die Fynbos”. Die tweede been van Gansbaai se feestelikheid, Die Fees van die Ganse - Seekos Straatfees / Seafood Street Festival, vind op 21 September vanjaar plaas. Op versoek van die gemeenskap en sakelui, word vanjaar se fees in die midde-dorp aangebied: Vanaf Hoofstraat af tussen Voortrekker- en Markstrate tot by Kerkstraat, met die verhoog en hooffokusarea langs Nedbank in Markstraat. Vele pret en feesgenot, gevul met verassings, wag op feesgangers. Feesitems sluit in kunstenaars, Mnr/Mej Fees van die Ganse, Klein Kaapse Klopse, Lyndansers, Kolgooi, Kindervermaak, Treinritte, Stalletjies, Biertent en veel meer. Met die “verskuiwing” terwille van besighede, word ‘n beroep om deelname op sakelui gedoen om van die geleentheid gebruik te maak. Vanjaar is daar ook noue samewerking met die jaarlikse Herberg-aan-See Basaar, asook hulle Suzuki-saamtrek op die skoolgronde. Francia van Dyk dien op die Feesbestuur en sy kan by 082-551-3613 of 028-384-0262 gekontak word.

Dan is daar ook ‘n opwindende Feesliedjie-skryf-kompetisie met pryse op die spel.
Een van die hoogtepunte is die opvoering, Groet die Grotman, wat die aand om 20:00 in die Pretoriussaal aangebied word.

Gansbaaiers, wat nie Kaapstad toe wou ry nie, het nou die geleentheid om hierdie gewilde opvoering by te woon.

Kaartjies is reeds by die Toerismekantoor beskikbaar en vroegtydige besprekings word sterk aanbeveel.

Vir enige feesnavrae, besigheidsdeelname, die feesliedjieskryf-kompetisie of kaartjies vir Groet die Grotman, kontak vir Glenda Kitley by 072-291-5564, of stuur ‘n e-pos aan haar by baaimanager@telkomsa.net. Onthou die belangrikke datums: Fees van die Ganse se Winter Fynbosskou (8-11 Augustus), asook die Seekos Straatfees (21 September) vir groot feesgenot!

Hardus Botha

2013 Feestelikheid

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant