Mooiloop met Valiant en Denvor

Mooiloop met Valiant en Denvor

Gansbaai Courant

Anton Goosen het as gaskunstenaar tydens Valiant Swart en Denvor Phokaners se opname vir SABC2 in Gansbaai opgetree. Valiant en Denvor is die aanbieders van die nuwe TV-program van sowat 26 weeklikse episodes, Mooiloop, wat reeds in die plek van Pasella op Woensdae gebeeldsend word. Dit is ‘n nuwe reis- en leefstylreeks en die doel van die program is om op plattelandse dorpe te fokus. Die twee aanbieders “deurkruis die platteland op ‘n ontdekkingstog na die hart en siel van Suid-Afrika en sy mense.” Gansbaai was die agste opname vir die program en behoort gedurende Augustus gebeeldsend te word.

Vlnr is Anton Goosen, Denvor Phokaners en Valiant Swart tydens ‘n opname in The Boathouse Restaurant vir die nuwe TV2-program, Mooiloop

Gerrit Rautenbach, navorser van die onderskeie dorpe en redakteur van die Mooiloop-webtuiste, het die fokuspunt van die program só opgesom: “Een dag in die lewe van ‘n dorp.” Verskeie persone en besienswaardighede in en om Gansbaai, asook in Baardskeerdersbos, is deur die filmspan en aanbieders besoek en etlike onderhoude is gevoer. Gerrit het relevante inligting vir die basis van hulle Gansbaai-besoeke by Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, gekry. Die detail van die verskillende opnames word op Gerrit se versoek verswyg. “Eerstens omdat alle onderhoude, weens verskillende omstandighede, nie noodwendig altyd by die program ingesluit word nie en tweedens moet dít wat wel gebeeldsend word, ‘n verassing vir die gemeenskap wees,” het hy gesê. Gansbaai Courant het wel tydens die opname van Anton Goosen in gesprek met Valiant en Denvor in The Boat House Restaurant in Gansbaai hawe gaan inloer.

Gansbaaiers kan die Mooiloopprogram gedurende Augustus op Woensdagaande om 19:30 vir die Gansbaai-onderhoude dophou om te sien met wie daar almal onderhoude gevoer is en waaroor daar alles gepraat en na gekyk is.          
                            
Hardus Botha


 

Mooiloop met Valiant en Denvor

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant