Min geleentheid vir Boothengel

Min geleentheid vir Boothengel

Gansbaai Courant

Raymond Rabe (regs) het pas die Birkenhead Boothengelklub se lidmaatskapkaartjie aan Dirk Buchner, met sy eggenote Eva langs hom, oorhandig

Boothengelaars geniet daagliks die hengel te see, soos dit ook behoort te wees, maar die Birkenhead Boothengelklub het tot dusver hierdie jaar baie min see-vriendelikheid tydens hulle maandelikse boothengel-kompetisies ervaar. Junie en Julie se kompetisies op die 1ste Saterdae van die maand moes as gevolg van ‘n  “omgekrapte” see afgelas word. Verlede Saterdag was daar dus ook geen kompetisie nie, maar die gesellige funksie is nie afgeskeep nie. “Fish & Chips” met slaai en nagereg is deur ‘n  groep klublede en gaste, ook vanuit Hermanus, terdeë geniet, terwyl voorsitter Raymond Rabe met sy Musiekfabriek gesorg het vir “voete-jeuk” dansmusiek tot baie laataand toe.

‘n  Nuwe klublid, Dirk Buchner van Huis Breda, het sy lidmaatskapkaatjie na ‘n  proeftydperk van 3 maande ontvang, met sy eggenote, Eva wat die funksie saam met hom bygewoon het. Die gebruiklike bottels wyn wat deur besoekers met gelukkige kaartjienommers gewen word, is deur klublid Sextus Neethling en ‘n  gas vanuit Hermanus, Ané Staunton gewen.

Vir navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 of die wedstrydsekretaris, Johan Burmeister by 082-895-7647 geskakel word.

Hardus Botha 

Min geleentheid vir Boothengel

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant