Die Laaste Tango

Die Laaste Tango

Gansbaai Courant

Hy is een van Suid-Afrika se gewildste skrywers en sy boeke word in 25 tale vertaal. Nou maak Deon Meyer ook sy debuut as filmregisseur met die rolprent Die Laaste Tango, ‘n  spanningsvolle liefdesverhaal propvol intrige. Meyer het ook die draaiboek geskryf. Die rolprent is in Loxton in die Karoo verfilm.

Herkules de Wet (Louw Venter), ‘n  34-jarige werkverslaafde speurder, stel ‘n  lokval vir Basson (Stian Bam), ‘n  psigopaat wat nege vroue grusaam vermoor het. Wanneer hy hom vang, rand hy die reeksmoordenaar in woede en haat só erg aan dat De Wet drie jaar se uitmergelende werk en ‘n  skuldigbevinding in ernstige gevaar stel.

De Wet se baas stuur hom na Loxton, ‘n  afgeleë dorpie in die Bo-Karoo, om af te koel en te wag dat die omstredenheid oorwaai. Hier ontmoet hy vir Ella Winter (Antoinette Louw), die mooi, passievolle vrou wat sterwend is aan kanker. De Wet se enigste doel is om die tyd te verwyl sodat hy sy pligte as speurder kan hervat, en die verlammende verveling te beveg. Ella se wens is om nog een laaste keer te tango.

De Wet is aanvanklik huiwerig om te leer dans, maar Ella se lewenslus en skoonheid – en sy eie begeerte na heling – laat hom al hoe dieper betrokke raak by dié uitsonderlike vrou.

Intussen ontwaak Basson in die hospitaal, en beplan sy wraak teen De Wet. Hy slaag daarin om te ontsnap, en sy bloedspoor lei na die Bo-Karoo. Op die nag van die laaste tango, daag die reeksmoordenaar in Loxton op.

Ook in die rolverdeling is Marius Weyers as Kapt. Mauritz Duvenhage, Loukmaan Adams en Heino Schmitt as speurder-sersante Basie Beyers en Dave Malan, Ilse Oppelt as Kol. Marga Hoffman en Rob van Vuuren as die skelm prokureur Kevin King. Die Laaste Tango word versprei deur Nu Metro Films en is landswyd op 5 Julie 2013 vrygestel.

Vir media-navrae kontak Annarie Hugo by 072-214-4590 of annarie@annarie.co.za.

Die Laaste Tango

Nuwe Deon Meyer fliek

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant