Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die rugbyveld van Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde het verlede Dinsdag behoorlik soos ‘n oopgekrapte miernes gelyk. “Gaan kyk bietjie wat is daar aan die gang, dit lyk na ‘n pragtige inisiatief,” het Roelof Diener se opgewonde stem oor die foon gekom. Die “oopgekrapte miernes” was toe inderdaad ‘n pragtige en gekombineerde jaarlikse inisiatief deur Gansbaai Munisipaliteit en die Football Foundation, met die ondersteuning van ABSA onder die vaandel van die Barclays Spaces for Sport.
“Die afrigters van die munisipaliteit en Football Foundation bied tydens elke skoolvakansie hierdie 4-dag vakansieprogram aan,” vertel Carol Devitt. Sy sê sy het vir sowat 180 kinders reëlings getref, maar toe die name op die laaste nippertjie instroom, moes sy bontspring aangesien ‘n rekordgetal van sowat 250 kinders opgedaag het. “Die primêre doel van die vakansieprogram is om die kinders van Gansbaai en omgewing die geleentheid te bied om aan konstruktiewe sportaktiwiteite gedurende vakansietye deel te neem,” vertel sy. “Dit is algemeen bekend dat werkende ouers dit soms moeilik vind om ‘verveelde’ kinders besig te hou.” Spanbouspeletjies, boeresport en ‘n verskeidenheid van sportsoorte en oefeninge word aangebied, ingesluit ‘n middagete wat elke middag op die “uitgeputte” jongelinge wag.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...