Spar Sokkertoernooi

Spar Sokkertoernooi

Gansbaai Courant

Die wenspan in die Gansbaai Superspar Sokkertoernooi in hulle Superspartruie, die OC Eleven's, met voor vlnr L Nqoza, J Phahla, S Jinoyi, (Gansbaai Superspar Trofee), A Patho (kaptein), S Mdliwa en S Mgodo. Agter vlnr is M Nogaga, M Zono, B Sogqwaba (afrigter), S Patho, N Nogemana, E Somishi, M Nonkanzela, W Cindi (organiseerder), B Mbuzeni en De Wet van Niekerk (Gansbaai Superspar).

Dertien Sokkerspanne vanuit die geledere van die laer divisie, het mekaar gedurende die afgelope maand behoorlik opgekeil om as oorwinnaars in die Gansbaai Superspar Sokkertoernooi uit die stryd te tree. Vir die wenspan was die gesogte Superspar Trofee, asook volledige sokkeruitrusting, op die spel. Die 2de en 3de plekke is met kontantpryse beloon. “Die gemeenskap van Masakhane, asook die spelers, was oorweldig met wat mnr De Wet van Niekerk van Gansbaai Superspar vir hulle gedoen het en hulle het gesê hulle kan van pure vreugde uit hulle velle uit spring,” vertel Riana Enslin. Mnr Sogqwaba, afrigter van die OC Eleven's wat die wenspan was, het gesê hulle is dankbaar vir die vlot reëlings van die toernooi, insluitend die pryse wat aangebied is. Op Woensdag, 3 Julie 2013 het die OC Eleven's ‘n  vriendskaplike sokkerwedstryd op Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde gespeel “net om hulle nuwe Superspartruie in te wy”. Sogqwaba het afgesluit met: “Thank you my Spar!”  

Hardus Botha

Spar Sokkertoernooi

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant