Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Stryery het Vrydagnag tot ‘n skietery in ‘n sjebeen in Masakhane gelei.
Thobela Janase (25) het saam met vriende van beide geslagte gekuier toe Phimile alias Xhesha Nonkanzela (33) om 23:00 daar opgedaag het.
Hy het volgens ooggetuies gesê: "Jy gaan nie hier drink nie." ‘n Woordewisseling het gevolg waarop Xhesha ‘n 9mm Beretta pistool uitgeruk en Thobela na bewering deur sy regterbors geskiet het. "Die koeël is tussendeur sy ribbes sonder om een te raak en by sy rug uit. Hy is na Hermanus Provinsiaal geneem," het die ondersoekbeampte, A/O Fanie Killian, gesê. Inligting is die volgende oggend ontvang dat die verdagte in ‘n motor in Masakhane sit en probeer het om geld te leen, om soos hy dit gestel het, land toe te gaan.
Hy is gearresteer en het aan die polisie uitgewys waar hy die pistool versteek het. Dit is nie in sy naam geregistreer nie en volgens hom het hy dit in Khayelitsha by ‘n onbekende persoon gekoop. Die ondersoek duur voort.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...