Bobbejaanstreke

Bobbejaanstreke

Gansbaai Courant

Die verdwaasde bobbejaan. Nadat hy deur kragdrade by Franskraal Waterwerke geskok is

“Moenie die bobbejaan agter die bult gaan haal nie”, maar toe doen kees-se-kind dit self en loop hom in sy eie bobbejaanstreke vas. Danie Maree, Snr Bestuurder Elektro Tegniese Dienste van Gansbaai Munisipaliteit, vertel van die bobbejaanmannetjie wat vir ‘n kragonderbreking by die Franskraal Waterwerke verantwoordelik was. “Hy het vermoedelik teen die paal opgeklouter en homself met die drade misgis,” sê Danie.

Toe die manne hom kry, was kees-se-kind goed lam in die agterlyfie en hulle het hom versigtig agter in een van die voertuie gelaai en veearts toe geneem. Danie sê hulle het die voorval by die munisipale natuurbewaringsafdeling aangemeld. Daar het Bennie Kondokter hulle meegedeel dat slegs CapeNature in so geval die laaste besluit het of die diertjie uitgesit moet word en of hy gerehabiliteer gaan word. Intussen het Bennie Gansbaai Courant meegedeel dat dié nuuskierige knaap toe gelukkig nie uitgesit is nie, maar hulle het hom weer by sy trop laat aansluit - dus is die “lam agterwêreld” vergete, maar hopelik nie die les wat hy geleer het nie.

Inwoners word versoek om die teenwoordigheid van bobbejane naby aan residensiële erwe summier aan die munisipale owerhede te rapporteer sodat hulle verwyder kan word voordat dit ‘n groot probleem raak.

Hardus Botha

Bobbejaanstreke

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant