SAPD Stanford Mandeladag

SAPD Stanford Mandeladag

Gansbaai Courant

Stanford polisie het hul Mandeladag gevier deurdat A/O Sarena Hugo, Serina Buys van  die Victim Empowerment Programme dames,   sowel as Jenny October en haar helpers van FCW hul 67 minute gespandeer het deur aandag te gee aan die gestremde mense en hul helpers.  Die CPF, mnr Stuart Anderson en plaaslike Rotariers het heerlike broodjies, lekkergoed en vrugte geskenk vir die okkasie.  Die  dames het die wonings besoek waar gestremdes woon.  Die gestremdes en hul oppassers is bederf met tee en lekkernye. Die helpers/familie van die gestremdes is gevra om gemaklik te sit waarna  hulle bene, voete, rug en hande ingesmeer en gemasseer is, van hulle het selfs ‘n   ligte manikuur en pedikuur ontvang terwyl skottelgoed gewas en vloere gevee is.  Die gestremdes is ook op dié manier bederf.  Van die familie was uit die veld geslaan omdat hulle gevra is om ‘n   ruskansie te neem aangesien ons almal weet dat dit hierdie voltydse taak harde werk en ‘n   liefdesdaad is om na gestremdes te kyk. 

"Ek het besluit om eerder aandag aan gestremdes en hul oppassers te gee in plaas daarvan om een of ander staatsdepar-tement se tuin en mure skoon te gaan maak want sulke instansies het werkers wat betaal word om dit te doen. My ma is ‘n   gestremde na ‘n   beroerte aanval en daar word nie altyd besef hoe moeilik dit vir so ‘n   persoon is om nie hulsef te kan help nie. Dit is ‘n   liefdesdaad om na hierdie mense te kyk en dit gaan soms ongesiens  verby sonder dat ons dankie sê. Só, dit was Stanford se gebaar om dankie te sê vir  hierdie helpers en hul liefdesdaad.  Ek moet sê ons het ‘n   klomp spesiale vrouens in Stanford se gemeenskap wat liefdadigheidswerk doen wie ook slagoffers bystaan in traumagevalle.  Die dames wat die bederf  gedoen het is na die tyd self met ‘n   koppie koffie en ‘n   lekkerny bederf net omdat hulle spesiaal is," het A/O Sarena Hugo gesê.

SAPD Stanford Mandeladag

AO Sarena Hugo, SAPS Stanford

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant