VERORDENING VIR BESTUUR VAN VASTE AFVAL HERSIEN

VERORDENING VIR BESTUUR VAN VASTE AFVAL HERSIEN

Gansbaai Courant

Die Raad het ‘n   nuwe verordening vir die geïntegreerde bestuur van afval aangeneem. Dit vervang die bestaande verordening rakende die bestuur van vaste afval wat in 2007 gepromulgeer is. Met die nuwe verordening voldoen die munisipaliteit aan die statutêre vereistes van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval van 2008 en verskeie ander standaarde, regulasies en riglyne vir afvalbestuur in ‘n   munisipale konteks. Die doel van die wetgewing is om ‘n   volhoubare praktyk te skep vir afvalbestuur wat op die vermindering van afval en omgewingsbewaring fokus. Die nuwe verordening bevat ‘n   nuwe stel definisies wat van toepassing op vaste afval is en bepalings wat onder meer die insameling van vullis, die hantering van verskillende soorte afval, die vervoer en wegdoening van afval, die voorkoming van rommelstrooiing en onwettige storting, die kontraktering van eksterne diensverskaffers en wetstoepassing reguleer. Die konsep-verordening is vir publieke kommentaar geadverteer, maar geen insette is ontvang nie. Die verordening sal van krag word sodra dit in die Provinsiale Koerant gepromulgeer is.
Fanie Krige
 

VERORDENING VIR BESTUUR VAN VASTE AFVAL HERSIEN

Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant