Helmie en Amanda in hospitaal

Helmie en Amanda in hospitaal

Gansbaai Courant

Helmie en Amanda de Vries

 “Ek dink ons het skielik aandag gesoek om altwee in die hospitaal te beland,” het Amanda de Vries telefonies gesê, wat direk daarna, onbewus van Amanda se opmerking, telefonies deur Helmie bevestig is! Maar dit is gelukkig nie waar nie - altwee is tans in die Stellenbosch Medikliniek. Die egpaar was met vakansie in die noorde van China, Binne-Mongolië, die Chinese gedeelte van Mongolië. Hulle het oor ‘n waterstroompie gestap en Amanda het in modder getrap en haar enkel ernstig beseer. X-straalplate daar het getoon dat ligamente in haar enkel geskeur het. Hulle het dadelik na Suid-Afrika teruggekeer, maar moes 2 dae op ‘n terugvlug in Beiyang wag. Terug in Suid-Afrika is Amanda meegedeel dat haar enkel gebreek is en sy is dieselfde dag (verlede Vrydag) in die hospitaal opgeneem. Sy is gister, Woensdag 31 Julie geopereer, maar dit gaan baie goed met haar. Dis egter nie waar die begrip “hospitalisasie” geëindig het nie.
Die volgende dag, verlede Saterdag, is Helmie in dieselfde hospitaal opgeneem. “Ek het reeds voor ons vakansie nie goed gevoel nie, maar gedink dit is my bloeddruk wat nie reg is nie,” vertel Helmie. Met Amanda se opname in die hospitaal, is Helmie ondersoek en toe hy sy oë uitvee, beland hy saam met Amanda in die hospitaal met longontsteking en water op die longe, wat ook sy hartklop aangetas het. Met die ter perse gaan van hierdie berig het dit goed met Helmie gegaan, alhoewel hy steeds onder behandeling was. Hy het gesê altwee van hulle behoort teen volgende week ontslaan te word en dan na Gansbaai terugkeer. “Ek gaan beslis volgende week se Wynproe-aand in Gansbaai Academia kom bywoon,” het Helmie gesê. Gansbaai Wynproegilde bied hulle maandelikse Wynproe-aand op Vrydagaand, 9 Augustus tussen die Fynbos in Gansbaai Academia se saal aan.

Hardus Botha
 

Helmie en Amanda in hospitaal

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant