Herman se Kytie

Herman se Kytie

Gansbaai Courant

Herman Pieters (links), vervaardiger van die Kytie-produksie, saam met die akteurs Crystal-Donna Roberts en Vaughan Gardiner

Herman Pieters, ‘n voormalige uitblinker van Laerskool Gansbaai, het al goed in die teaterwêreld vir homself naam gemaak. Sy nuwe produksie staan bekend as Kytie - ‘n Koos Kombuis Storie. Een van Koos Kombuis se gewildste lirieke is die van “Kytie”. Dis eers met dieper ondersoek agter die liedjie wat ‘n mens daarvan kennis neem dat Kytie ‘n ma en vriendin is wat warmte en liefde vir ‘n seun het wat ietwat anders is. Dit was juis in ‘n tyd toe dit nie aanvaarbaar was om “anders” aanvaar te word, wat Koos en Kytie ‘n band gehad het wat altwee se leefwêrelde moontlik gemaak het.

Die Kytie-storie is universieël en kan oor vele huishoudings vertel word. Die skrywer, Alexa Strachan, se diepe navorsing (en onderhoude) in Koos Kombuis se lewe het die bekende liedjie tot ‘n mooi verhaal vir die verhoog gebring. “Die regisseur, Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla), se samevatting van al die elemente bring lewe tot die verhaal tegelyk tragies, mooi en soms net vrek snaaks is,” sê Herman. Die akteurs is Vaughan Gardiner en Crystal-Donna Roberts, die teks Alexa Strachan, die vervaardigers is Johann Oosthuizen en Herman Pieters, met Liezel Foot wat vir die tegniese versorging verantwoordelik is.

Herman se ouers is Pieter en Annamarie Pieters van Gansbaai en sy trotse ouma is Duifie Lourens, ook van Gansbaai. Herman se eerste produksie was Bye Ma, Jaypee, wat ook in Gansbaai opgevoer is en sy tweede produksie was Labirint. Nou kan Overstrand se inwoners na Herman se derde produksie saam met Johann Oosthuizen, Kytie, tydens die Kalfiefees in Hermanus op 9 en 10 Augustus gaan kyk.

Vir inligting en/besprekings kan Herman Pieters by 082-563-8225 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by herman@epmprojects.com.

 Hardus Botha 

Herman se Kytie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant