Goeie nuus

Goeie nuus

Gansbaai Courant

Die grondpad oorkant die Franskraal-afrit wat nou in ‘n herstelproses is

Goeie nuus is soms baie skaars, maar vir almal wat die afgelope tyd gekla het oor die swak toestand waarin die grondpad-uitdraai vanuit die R43 bergkant toe, by die Berg en See Padstal, is daar goeie nuus. Die grondpad bedien die inwoners van Gansbaai Karavaanpark tot bo teen die berg by Panorama restaurant en regs in die rigting van Joli Fleur Kwekery en Nuwe Hoop Bedieningsentrum. Etlike klagtes is ontvang oor die gate in die pad en die algehele swak toestand daarvan. Maar die slegte nuus het nog in die lug gehang, toe kry Gansbaai Courant die instandhoudings-afdeling van Gansbaai Munisipaliteit daar - en daar is toe reeds ‘n hele ent met die herstelwerk gevorder. “Daar was ‘n vertraging omdat ons vir van die swaarmasjienerie moes wag,” het ‘n munisipale amptenaar gesê. Nou kan die klagtes met glimlagte vervang word, aangesien die grondpad in geheel, soos hierbo beskryf, herstel gaan word.   

Hardus Botha

Goeie nuus

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant