HaS se Winterspele

HaS se Winterspele

Gansbaai Courant

Jaarlikse groot pret en opwinding! Dis die beskrywing van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se jaarlikse Winterspele. Vanjaar se “Spele” is met lekker saam dans deur die inwoners ge-open en hulle het bewys die “ou” bene is nog pure aan die gang. Dalene van Dyk en haar Goue Hand-medehelpers het vir vele pret gesorg. Speletjies soos vlugbal met balonne, raai-‘n-woord, ringbord, albaster-met-lepel-optel en veel meer is gespeel. Soos gebruiklik was daar weer ‘n personeelitem, tot groot vermaak van die inwoners.

Gansbaai Courant mag glo nie noem waar Suster Linda Meyer haar item weggesteek het nie, maar dit is wel gekry en uitgehaal! Die stimulasiegroep het ‘n opwindende skattejag gereël en daar is naarstigtiglik na lekkers en “chippies” gesoek wat weggesteek is. Anita Botha het agter die klavier ingeskuif en die inwoners het hulle daarin verlustig om “toeka” se liedjies uit volle bors te sing.

Dankie ook aan Anita wat as fotograaf vir die dag ingestaan het. Lesers word herinner aan Suster Linda Meyer (028-384-0501) se versoek om leë 500ml, 1ltr en 2ltr plastiekbottels met proppe wat dringend vir HaS benodig word.  

Hardus Botha


 

HaS se Winterspele

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant