Die see sukkel om reg te kom

Die see sukkel om reg te kom

Gansbaai Courant

Dit was naweek toe ek aan hierdie rubriek gewerk het en terwyl ek na die rowwe see kyk het die windjie deur die vensterruit gehuil. Vir die afgelope paar dae al was die veilige opsie om liewer by die huis te bly en jou boot en gereedskap in orde te kry. Hoewel jou lus vir hengel omtrent uithang is dit, snaaks genoeg, darem kompensasie om te weet jy mis tog nie veel nie  --  die vis is mos maar aan die skaars kant.

Vir hierdie week is kalmer weer voorspel, en daarmee bedoel ek meer windstil dae, en nie  noodwendig stiller water nie. Die stokmanne sal nie so bekommerd wees nie want watter volbloed hengelaar (dis nou die manne wat van die kant af vang) sal hom laat afskrik van die weer? Om die waarheid te sê, as jy van hierdie manne ken sal jy weet dat ‘n vuurtjie nie verniet brandgesteek word nie, en by nader ondersoek kan jy nie anders as om daardie braaireukie waar te neem nie  --  en net ‘n galjoen kan so ruik!

Dis darem ook nie korrek om te sê die vis is heeltemal so skaars nie. Met ‘n veilige dag op see kan jy tog spog met hotties (nog steeds lekker vet), romanne, silwervis en so aan. En is jy gelukkig is daar ook makriel, snoek en geelbek te kry, maar dit is meer as gevolg van geluk as wysheid. Die manne van Geelstert sal nie hiermee saamstem nie want verlede Maandag het hulle mooi makriel aan boord gehad, en het dit gelyk, hulle is reguit na die “regte” plek toe, en dit het dus niks met geluk te make gehad nie. Dis reg so!

Indien die wind en water saamspeel, en dis die vooruitspelling, behoort dit die volgende paar dae baie beter met die vangery te gaan. Dis al Augustus en Juliemaand behoort snoek se kind al beter gesig te gewys het as sover. En die geelbek moet  ook nog sy opwagting maak, en daar is ook nog die makriel. Dit moet beter gaan!

Groete, Seemeeu

Nog vertalings:

Braid strength - vleglynsterkte
Line capacity - lynvermoë
Reel speed - katrolspoed
Blob bait - stukaas (byv. gekapte stukke tjokka).

Die see sukkel om reg te kom

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant