Besoek van Napier

Besoek van Napier

Gansbaai Courant

Victor en Kim Breach, Annemarie Botha en Pieter Conradie.

Op 16 Julie 2013 het drie spanne van Franskraal besoek afgelê by Napier Rolbalklub.  Hulle het 'n toernooi aangebied met die doel om fondse in te samel nadat hulle weer aan die gang gekom het na 'n  lang onderbreking.  Dit was veroorsaak deur 'n ernstige oorstroming van hulle perk tydens die winter van 'n paar jaar gelede.

Aanvanklik is gedink dat Napier Rolbalklub sy aktiwiteite sal moet opskort, maar 'n  paar lede onder leiding van Judy en Willie Vorster wou dit eenvoudig nie aanvaar nie.  Hulle harde werk het uiteindelik daarop uitgeloop dat die klubhuis weer gebruik kan word en die perk ook merkwaardig herstel het.

Tien spanne het aan die toernooi deelgeneem en hoewel die perk aanvanklik baie swaar gespeel het, het dit algaande beter gegaan en is eintlik goeie rolbal  gespeel, inagnemende die omstandighede.  Boonop het die weer ook mooi saamgespeel en was dit uiteindelik 'n  baie genotvolle dag.

'n Span van Franskraal bestaande uit Kim Breach, Pieter Conradie, Victor Breach en Annemarie Botha was die wenners met 'n bietjie hulp van 'n ander span van Franskraal wat 'n span geklop het teen wie Kim se span verloor het.

Napier Rolbalklub word gelukgewens met die herstel van hulle geriewe en ons hoop dat dit spoedig beter sal gaan met hulle.  Hulle verdien om ondersteun te word.

Pieter Conradie 

Besoek van Napier

Pieter Conradie, President

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant