OK Foods Gansbaai Ware Wen Winkel

OK Foods Gansbaai Ware Wen Winkel

Gansbaai Courant

OK Foods Gansbaai se trotse eienaars Petra en Chris van Rensburg.

OK Foods Gansbaai kry welverdiende erkenning vir ’n prag-winkel. Na volgehoue harde werk, onbuigbare deursettings-vermoeë en ‘n streng beoordelingssessie het OK Foods Gansbaai sy merk gemaak en is aangewys as een uit drie top handelaars wat meeding in die OK Foods kategorie vir die gesogte titel van OK se Franchisee Van Die Jaar 2013. OK Foods Gansbaai is ’n lid van die OK franchise-divisie, ’n afdeling van die Shoprite/Checkers-groep.

Petra van Rensburg, winkeleienaar, vertel van haar en mede-eienaar Chris van Rensburg se wen-resep: “Jy moet passie hê vir jou besigheid en jou dagtaak met geesdrif aanpak.” Petra beduie dat OK Foods Gansbaai se sukses grotendeels toegeskryf kan word aan puik spanwerk: “Kies die regte mense vir jou span en bemagtig hulle binne ‘n kreatiewe en opbouende organisasiekultuur. Jy moet ‘n stel beginsels en waardes hê waarvolgens sake gedoen moet word – integriteit en beginselvastheid is hoekstene in ons besigheid.” Hoe voel Petra en Chris oor die nominasie? “Geweldig trots! Wat ‘n groot voorreg om genomineer te word vir so ‘n gesogte toekenning!”

Om te verseker dat die wenners die erkenning waarlik verdien, het die OK franchise-divisie ’n omvattende lys van vereistes saamgestel waarvolgens die winkels oor die loop van ’n jaar beoordeel word. Hierdie lys sluit ontwikkeling, algemene winkelstandaarde, klantediens, personeel-motivering, gemeenskapsbetrokkenheid, administratiewe uitmuntendheid en lojaliteit in.

Die klem is dus nie bloot op verkope nie – die winkels wat die beste presteer in die beoordelingsproses is winkels wat waarlik ’n uitstekende begrip van uitnemendheid in die konteks van die kleinhandelsbedryf toon. Die wen-winkels moet kan bewys dat hulle ook ernstig is oor hul klante (diens en inkopie-ervaring), gemeenskap en winkelvoorkoms.

Petra, Chris en hul personeel kan hulself voorberei op moontlike verdere sukses omrede OK Foods Gansbaai nou in aanmerking is vir die 2013 Franchisee Van Die Jaar-toekenning as die beste OK Foods-winkel. Die wenner sal in September by die jaarlikse OK franchise-divisie konferensie aangekondig word.

OK Foods Gansbaai Ware Wen Winkel

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant