Verwerkers werp die soeklig op Overberg

Verwerkers werp die soeklig op Overberg

Gansbaai Courant

Melkkopers kyk toenemend na die Overberg om aan die vraag na suiwelprodukte te voldoen. Dit is veral die gehalte van melk uit die Overberg en die bereikbaarheid daarvan wat kopers na die gebied lok.

Kort op die hakke van Ladismith Kaas het Lancewood Cheese van George ongeveer 25 Overbergse produsente ingelig oor hul nuwe produksieproses wat daarop gerig is om nuwe marksegmente te ontgin. Op die oomblik word grondstowwe vir hierdie doel ingevoer. Tydens ’n onlangse vergadering het hulle melkprodusente uit die Overberg aangemoedig om by die organisasie aan te sluit en melk met ’n hoë vastestofinhoud te lewer.

Mnr. Johan du Toit, wat ’n groep melkboere verteenwoordig, sê hy is baie opgewonde oor die nuwe produksieproses en wys daarop dat dit toekomstige beleggingsvertroue sal kweek.

Volgens bogenoemde melkkopers is die toename in die verbruik van suiwelprodukte die belangrikste katalisator in hul belegging in hierdie nuwe prosesse. Verder maak wêreldpryse en die rand-dollar-wisselkoers dit moeilik om in te voer.

Melkboere is dit eens dat produsentepryse in die Overberg sal moet verhoog om in die toekoms volhoubare melkproduksie van gehalte aan die verbruiker te verseker. Veral diesel- en veevoerpryse het dramaties gestyg wat geweldige druk op volhoubaarheid van melkproduksie plaas.

Mnr. Dèan Kleynhans, suiwelboer uit die Overberg, sê waar in die verlede daar net een dominante melkkoper was, is daar nou ses verskillende melkkopers in die Overberg wat melk van ’n hoë gehalte van produsente in die omgewing wil aankoop.

Vir meer inligting skakel Dèan Kleynhans by 082 894 0413.
Uitgereik namens ’n groep melkprodusente in die Overberg.

Verwerkers werp die soeklig op Overberg

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant