Uiteindelik Snoek

Uiteindelik Snoek

Gansbaai Courant

Johan Burmeister het met 'n kraaines gespog. Foto: Jane Bailey

Hierdie week net ‘n kort verslaggie en dis snoek wat dit veroorsaak. So lank al is die verwagting dat die snoek sy verskyning behóórt te maak dat dit soort van afgesaag begin klink. Saterdag egter het die weer saamgespeel en die manne wat besluit het om by Dassiegat te gaan probeer het die regte beslissing gemaak. Dis waar die snoek behoorlik gesig gewys het en einde ten laaste kan ‘n man met ‘n oop gemoed sê, “die snoek is hier!”.

Van die bootklub se manne het baie goed gevaar en gemaai onder die snoek. En dis ordentlike, mooi visse. Nou nie dat daar ‘n oorvloed van bote by Dassiegat was nie, al is daar die vorige paar dae wel vis daar gekry. Wat gebeur het was dat die snoek blykbaar eers laterig begin byt het en sommige ouens teen hierdie tyd ander vangplek gaan soek het. Aaslyne, dollies en “spinners” het almal gewerk en vir ‘n ruk is daar gebaljaar onder die snoek.

Daar is ook ‘n paar mooi makriel gevang (Kleinbaai se kant) en die wat nie op hierdie plekke was nie het ordentlike roman en PW’s ingebring. Heelwat hotties is ook gevang.

Die weer vorentoe lyk glad nie sleg nie en indien alles so belowend bly gaan dit onnodig word om Hermanus toe te ry vir die snoek. Dis bietjie laat, maar dankie tog!  Groete, Seemeeu

Nog vertalings: Jig heads, light spinning tackle - loodkoppe, (waaronder lepelkoptipes), Lead head jigs with soft plastics - loodkoppe met sagte plastiekkunsaas, Lures for trolling and jigging - kunsaas vir sleep en wip, Boat gaff - bootgaffel, Scoop net - skepnet, Shank - hoeksteel. 

Uiteindelik Snoek

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant