Interskole

 Interskole

Gansbaai Courant

'n Gees van opgewondenheid en afwagting heers vandeesweek by die Laerskool Gansbaai. Die rede? Saterdag vind een van die hoogtepunte van die jaar tuis plaas: Interskole-sport.

Die Gansies ontvang dan die Akkedissies van die Laerskool De Villiers Graaff op Villiersdorp vir die vyfde jaarlikse kragmeting tussen dié twee skole. Terwyl rugby- en netbalspanne sake uitspook, sal die res van die leerders, onderwysers, pa's en ma's, oupas en oumas en ander belangstellendes langs die veld en baan ewe geesdriftig meedoen. Kortom, dit sal 'n dag wees van gesonde mededinging en heerlike vermaak vir alle betrokkenes. 

Agter: vlnr: Alzeed, Nieldre, Charl, Nicolas. Voor: vlnr: George, AJ, Frederick, Hayward, Nython

Mnr. Eben van der Merwe, hoof van die Laerskool Gansbaai, het die hoop uitgespreek dat elke speler se opoffering en toewyding aan sport Saterdag sal vrugte afwerp en dat die uiteindelike doel sal wees dat almal in goeie sportmangees kragte meet. "Nie net is dit 'n genotvolle manier vir ons leerders om die winterprogram mee af te sluit nie. Dit skep ook geleentheid om die kameraadskap tussen ons twee skole uit te bou. Ons glo die dag sal weer 'n besondere ervaring wees," sê hy. Verlede Saterdag het die onoorwonne O/9-rugbyspan van Gansbaai saam met hul afrigters en ouers 'n spanbousessie op 'n plaas naby Pearly Beach gehou. Ondanks die gure weer was dit 'n inspirerende byeenkoms en die knapies lyk oorgehaal om hul skool en gemeenskap trots te maak. Die gasheer en -vrou, Gert Hattingh en Adéle Eksteen, het 'n heerlike verrassing vir elke speler gehad -- sy eie splinternuwe rugbybal. Vanmiddag (Donderdag) kry die ander Gansies ook kans om in die regte stemming vir Interskole te kom met die sg. Groot Brag in die skoolsaal. Die plaaslike spanne word dan aan ouers en ander gaste voorgestel, met liedjies tussen-in.

Die program vir Saterdag is: NETBAL: 08h30: O/7B, 0/8B, O/10B; 08h55: O/7A, O/8A, O/11B; 09h20: O/9B, O/11A, O/13B; 09h45: O/10A, O/12B; 10h10: O/9A, O/12A; 10h50: Voorstelling van O/13A-netbalspanne op rugbyveld voor klubhuis; 11h15: O/13A. RUGBY: 08h30: O/7; 09h00: O/8; 09h30: O/9; 10h00: 0/11; 12h00: Voorstelling van O/13A-rugbyspanne op rugbyveld voor klubhuis. Skoollied van albei skole word gesing en krete geroep; 12h20: O/13A.

Gerrit Cloete

 Interskole

Gerrit Cloete

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant