Kleuters se uitstappie

Kleuters se uitstappie

Gansbaai Courant

Die Flower Valley Voorskool se kleuters het etlike besighede en instansies in Gansbaai op 2 Augustus besoek. Dit was omtrent ‘n konsternasie om dié nuuskierigheid dop te hou. Die uitstappie het deel gevorm van die skool se kurrikulum onder die tema: Verskillende Werke. Die plaaslike veearts, dr Liesel Trollope, se spreekkamer is besoek, waar hulle ingelig is en ook die geleentheid ontvang het om ‘n hond te was. (Die hond het dit wel oorleef!)


‘n Interessante besoek aan dr Liesel Trollope, plaaslike veearts, se spreekkamers

By Gansbaai Poskantoor het die jong leerders meer geleer oor hoe ‘n brief by sy bestemming beland. By Gansbaai OK Foods is verskillende afdelings van die winkel besoek, terwyl elke kleuter ‘n geskenkie ontvang het. Hulle uitstappie is by Gansbaai Biblioteek afgesluit, maar nie voordat daar op die gras voor die munisipale kantore piekniek gehou is nie. In die Biblioteek is ‘n storie aan hulle voorgelees, met nog ‘n geskenkie wat aan elkeen uitgedeel is. Flower Valley Voorskool bedank graag die betrokke besighede en organisasies wat die uitstappie moontlik gemaak het en wat gesorg het vir ‘n leersame dag in Gansbaai vir die kleuters.

Vir enige navrae oor die Flower Valley Voorskool kan Natasha Forbes by 072-150-4826 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by elc@flowervalley.co.za.   
Hardus Botha


In Gansbaai OK Foods is selfs die vleisrakke behoorlik “ge-inspekteer”

Kleuters se uitstappie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant