Botsing in Stanfordsbaai

Botsing in Stanfordsbaai

Gansbaai Courant

‘n Rustige Sondagaand is op 18 Augustus, so skuins na 6-uur, wakkergeskud tydens ‘n botsing tussen twee voertuie naby die Buitesteen Pub & Grill in Stanfordsbaai op die hoeke van Hoofweg- en Barnardstrate.

Die twee voertuie wat in die kruising van Hoofweg- en Barnardstrate in Stanfordsbaai betrokke was

Pieter de Vries, ‘n bekende in Lionskringe, was met sy wit Nissan Hardbody in Hoofweg vanaf De Kelders in die rigting van Perlemoenbaai op pad. By genoemde kruising het ‘n inwoner van De Kelders met sy maroon Mazda Midge vanaf De Kelders Bakkery in Barnardstraat gery en die stopteken by Hoofweg geïgnoreer, met remmerke wat bykans oor die volle lengte van die kruising gestrek het.
Altwee die voertuie is erg beskadig, maar niemand is ernstig beseer nie. Die bestuurder van die Mazda is vir die bestuur van ‘n voertuig onder die invloed van alkohol aangekla. Sy bloed is getrek en vir ontleding weggestuur. 
Hardus Botha

 

Botsing in Stanfordsbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant