Wees rustig

Wees rustig

Gansbaai Courant

Indien die weervooruitspelling vir hierdie week korrek is gaan daar nie veel aan verander nie en is tipiese winterweer nog met ons. Daar is nie veel om oor te berig nie aangesien see toe gaan weens die onstuimige water as ’t ware onmoontlik was. Hoewel jou hart jou anders probeer wysmaak het, is die bote wat in die nood beland het, genoeg bewys om jou te oortuig dat gesonde verstand gevolg moet word.

Al wat blyk goed te wees is dat hierdie seewind normaalweg behoort te sorg vir vis soos geelbek, en aangesien  hierdie situasie al ‘n ruk duur, dit tog op die ou einde so  sal uitwerk. So ver het die wind nog nie behoorlik gesorg vir resultate nie. Met twee of drie weke se aanhoudende seewinde (wes- en noordwes) móét vooruitsigte verbeter. Die ander vraag is, sal die snoek nog met ons wees? Toe die weer ons so paar dae terug toegelaat het om hierdie visse, veral by Dassiegat, behoorlik by te kom, het hulle al skelm gebyt, maar dit was omdat hulle so vol aasvis was. Niemand kan op die oomblik met sekerheid bepaal of hulle nog met ons gaan wees nie, maar die huidige weer maak enigiets moontlik.

‘n Beter keuse sal wees vir die manne met die lang stokke om vanaf die kant te probeer. Die kwaai water het ook ‘n sterk stroom tot gevolg gehad wat hierdie opsie ook nie ‘n gewilde ene gemaak het nie  --  maar darem veiliger!

‘n Groepie hengelaars is teen die tyd dat die Courant verskyn, reeds by Blombos, en almal wat hierdie area ken sal baie jaloers op hulle wees. Ek beskou dit as ons “Suidwes”. Dis dan ook hierdie tyd van die jaar wat jy daardie vet galjoene daar vind. En so groot dat jou familierooster gans te klein is. Die los vet kan met ‘n koppie uit die gevlekte lyf geskep word, dan is daar nog ‘n vetlaag onder die vel. Dís mos ‘n galjoen! Kom ons hoop dat die weer gaan saamspeel en wanneer Piet van Zyl sy spannetjie se ondervindinge oor ‘n week of so met ons deel, dit net lekker nuus gaan wees.

Lekker vang, Seemeeu

Wees rustig

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant