AfriForum woeker in die Wes Kaap

AfriForum woeker in die Wes Kaap

Gansbaai Courant

AfriForum het ná ’n baie suksesvolle jaar landswyd, en veral in die Wes-Kaap, besluit om sy vlerke verder te sprei.  Tydens ’n vergadering met gemeenskapsleiers in die burgersentrum op Hermanus het AfriForum, op aandrang van plaaslike leiers van verskeie dorpe, besluit om ’n AfriForum-tak in die Overstrand-gebied te vestig.  Die 144 lede van die voormalige De Mond-tak is na Overstrand se nuwe tak oorgedra. Marianne Rossouw is as interim voorsitter aangewys. 

Pieter Rautenbach, die hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum was die gasspreker. Rautenbach het inwoners meegedeel dat AfriForum in 2013 vanaf ongeveer 30 000 lede gegroei het tot 66 000 lede.  Landswyd is daar reeds 120 aktiewe takke gevestig.  Rossouw het gesê enige munisipaliteit of polisiestasie kan hoër hoogtes bereik as daar ʼn doeltreffende burgerregte-organisasie is wat deurlopend as waghond gereed-staan.  “AfriForum is glad nie met enige politieke party verbind nie en skroom nooit om op te staan teen ongeregtighede nie,” het Rossouw gesê.

Die toename in misdaad in die Overstrand-omgewing, die beweerde instroming van plakkers, die bestuur van dié toestroming ingevolge wetgewing, die gekwalifiseerde oudit van die munisipaliteit en rioolstorting is tot dusver geïdentifiseer as sake wat deur AfriForum hanteer sal word.

Lede van die publiek wat die saak wil ondersteun en as AfriForum-lede wil aansluit, kan “Overstrand” SMS na 31336 teen 50c per SMS.   

Marianne Rossouw, Interim voorsitter: Overstrand AfriForum
Sel: 082 454 9756, E-pos: mrmtours@gmail.com       

AfriForum woeker in die Wes Kaap

Marianne Rossouw

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant