Gansbaai Academia se leerlinge doen Entrepreneurskursus

Gansbaai Academia se leerlinge doen Entrepreneurskursus

Gansbaai Courant

Gansbaai Sakekamer kon op  12 & 13 Augustus 'n kursus oor Entrepreneurskap fasiliteer & organiseer. Dit is deur die AHI aangebied vir 2 groepe Gr.12 leerlinge (na skoolure) by Gansbaai Academia. Altesaam 36 leerlinge kon die kursusse bywoon. Omdat die Sakekamer by die AHI geaffilieer is, kon die leerlinge dit gratis ontvang en so kon ons ons mense & gemeenskappe ondersteun. Gansbaai Sakekamer kon hier meewerk om 'n investering te doen ten bate van ons mense se toekoms.

Jannie Kruger van die AHI het die kurses hanteer vir beide groepe van leerlinge.

Elke leering het 'n gratis handboek ontvang en onderwerpe wat gedek is, sluit oa. die volgende in:

• Kies van die regte idee
• Voorbereiding
• Finansies
• Beplanning & uitvoering
• Bemarking
• Die suksesvolle entrepreneur

Ons sit in Suid-Afrika en in Gansbaai met 'n enorme werkloosheidsprobleem. Dit is eintlik tans 'n wêreldwye probleem. Die formele strukture kan net nie almal akkommodeer wat werk soek nie. In ons land kry skoolkinders basiese vaardighede maar weens ons lae standaarde in baie skole word leerders nie goed toegerus nie. Selfs al word hulle goed toegerus, kan die ekonomie net eenvoudig nie almal opsuig nie. Gevolglik moet baie mense vir hulleself sorg. En dit is hier waar vaardighede om 'n entrepreneur te wees dan krities belangrik word.

Gansbaai Sakekamer het met die insette van die AHI gepoog om 'n klompie senior leerders beter te bekwaam om vir hulleself te sorg. Dié wat die kursus bygewoon het, het van 'n klomp basiese vaardighede en tegnieke bewus geword  wat hulle kan benut om hulle eie besighede mee te begin.

Op die ou end hang dit egter af wat jy self daarmee doen. As jy rustig agteroor wil sit en wag dat dinge gebeur, dan is dit jou besluit. Dié wat bereid is om hard te werk, is hopenlik nou beter toegerus. Nou kan elkeen met entoesiasme die geleenthede aanpak en met die gereedskap wat gegee is behoort hulle beter in staat te wees daartoe.
Sterkte met julle planne!!

Fanie Bothma, Voorsitter

Gansbaai Academia se leerlinge doen Entrepreneurskursus

Fanie Bothma

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant