Mode en Sentimentoggend

Mode en Sentimentoggend

Gansbaai Courant

Wat 'n wonderlike dag is in Pearly Beach op 20 Augustus gevier.

Die Vrouediens, van die NG Kerk het hierdie mooi oggend vir die dames aangebied.  Die eregas was Christine Jordaan. Alta van Niekerk het 'n kort  afskeidboodskappie aan haar oorgedra namens die inwoners en die Vrouediens.  Christine woon nou in Herberg-aan-See. 'n Baie mooi en paslike gedig is geskryf oor die oggend se gebeure deur Liesje van Woerkom, sy het ook aan elke model 'n gedig opgedra. Die wonderlike dames van Pearly Beach, NG Kerk het 'n lieflike oggend gereël wat beslis die moeite werd was.  Ai tog, wens daar kon honderde dames wees om saam te geniet, ontspan en vergeet van dramas. Daar was flinke dames wat agter die skerm, fluks en sonder gekerm gewerk het. Iedereen kon ietsie saambring wat sentimenteel is. Die sentimentele gedagtes was goed en wonderlik.  Ek het gewaar, hier en daar, is stilweg 'n traan weggepik.

Corra's Fashion het gesorg vir 'n modeparade. Die agte modelle was van die beste en elkeen 'n ster in eie reg.  Ons gaan hulle beslis weer gebruik. Die verrassende pryse was nie te versmaai.  Aan die einde het ons met koek en tee laat waai. Ons wil net graag die volgende mense bedank vir die lieflike geskenkbewyse wat aan die Vrouediens van Pearly Beach, NG Kerk geskenk is. Corra's Modewinkel te Gansbaai  (Corra); Sarona's Health & Beauty Clinic  (Sarona); Liezel Hair On Main road  (Liezel)en  Protea Flora van Gansbaai bloemiste  (Carien).      
                   
Marietjie Gerber

Mode en Sentimentoggend

Marietjie Gerber

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant