VLVK Kongres was Hoogtepunt

VLVK Kongres was Hoogtepunt

Gansbaai Courant

Die 84ste jaarkongres van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland wat vanaf 20 – 22 Augustus in die NG Kerkkompleks Stellenberg plaasgevind het, was weer eens ‘n hoogtepunt op die VLV-kalender. Uit die Overbergsirkel het 22 afgevaardigdes, waarnemers en dagbesoekers, asook drie mans die geleentheid gebruik om die kongres, wat jaarliks tussen die Kaaplandse sirkels roteer, hier op hulle voorstoep by te woon. Rienie Lüdick en Annatjie Liebenberg was onder die 22.

Met die tema “Verskuif jou Grense” kon kongresgangers luister hoe verskillende sprekers van formaat hulle idees voorhou. Dr. Braam Hanekom, moderator van die Wes-Kaapse NG Kerk Sinode, Tim du Plessis, Hoofredakteur Afrikaanse Titels, Media 24 as openingspreker, het kongres-gangers gerusgestel dat Suid-Afrika nog nie ‘n mislukte staat is nie, maar dat die burgerlike samelewing besig is om in opstand te kom teen korrupsie en dat instellings soos die VLV van hulle moet laat hoor. Dit het VLV wel deeglik gedoen. Prof Dorothea van Zyl, Direkteur van die Stellenbosch-Woordfees, het kongresgangers aangemoedig om Afrikaans se grense te verskuif met die verspreiding van Afrikaanse leesstof, want “Woorde open Wêrelde”. Ook hier het VLV-lede hulle deel gedoen met ‘n insameling van storieboeke (en waslappies vir skoon handjies wanneer ‘n kind lees) wat aan skole uitgedeel gaan word. Ander sprekers was Ernst van Jaarsveld, tuinboukundige van Kirstenbosch,  die gewilde aanbieder van Tjailatyd op RSG, Amorè Bekker en skrywer Lizette Murray wat beide vertel het hoe om die dood van ‘n geliefde te verwerk. Verder ook Karel Leerink, die modestilis van Truworths, en Margot Luyt oor Radio sonder Grense en Anneke Blaise, redakteur van Tuis met vernuwende wenke vir binneversiering.

Tydens die gala-aand is die VLVK-Boerderyvennoot aangewys. Alanda van Zyl, boervrou van Britstown, het met pryse weggeloop, Die wennerserp, gemaak deur Kinnie Schutte van Gansbaai, is vir Alanda omgehang deur Hugo Lochner, redakteur van Landbouweekblad. ‘n Uitvoering van die Libertaskoor het die aand afgesluit.

Sirkel Overberg het met twee trofeë teruggekom: Marie Spamer van VLV-Bredasdorp het die Bets Joubert-trofee verwerf met ‘n eerste plek vir twee geweefde gordynwegbinders en Corrie Fourie van VLV-Jongensklip het die Helen Crouse-skild verower vir ‘n viltwerkprent in die wisselafdeling. Prestasie-sertifikate is oorhandig aan Alice van Rooyen van Kleinmond en Esmè van Dewenter van Gansbaai vir hulle eerste en derde plekke in die Kaaplandse afdeling van ‘n landswye Huletts-preserveerkompetisie.

VLV Gansbaai vergader op Dinsdag 3de September, om 15:00. Hierdie is ons Landbou Vergadering en Abe Smit van Franskraal, n kenner en versamelaar van Clivias, gaan ons kom toespreek en inligting deel oor die moets en moenies.. Ons nooi graag een en almal uit na hierdie middag byeenkoms, mans baie welkom, R10 per gas of besoeker.
Dames onthou dat die Rooi Fluweel Koek vir konferensie 2014 gebak moet word, lekkergoed en mikrogolf kompetisie val weg, al die ander bly dieselfde.

Rienie Lüdick

VLVK Kongres was Hoogtepunt

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant