Fotografieklub Kompetisiewenners

Fotografieklub Kompetisiewenners

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se kompetisiewenners met hulle spogfoto’s, met vlnr Marc du Plessis (4de), Riaan Jacobs (1ste), Jane Bailey (2de) en Christo Wessels (3de)

Gansbaai Fotografieklub se onlangse kompetisie het puik foto’s opgelewer. “Ongelukkig het slegs sewe klublede aan die kompetisie deelgeneem, maar die kwaliteit van die foto’s was van hoogstaande gehalte en dit was ‘n goeie aanduiding van hoe klublede in hul vaardighede gegroei het,” sê Marc du Plessis, kompetisie-beampte van die klub. Die tema was “Local is Lekker” en die wenners was Riaan Jacobs (1ste), Jane Bailey (2de), Christo Wessels (3de) en Marc du Plessis (4de).

Pryse het gewissel vanaf restaurant-etes tot by geskenkpakkies en die borge (al-fabeties) daarvan was Guiseppes, Hermanus Liquors, Riaan Jacobs, Tolbos Bistro en Walkerbay Liquors. “Ek wil graag almal bedank wat aan die kompetisie deelgeneem het en met al die reëlings gehelp het. Geluk aan die pryswenners met hul prestasies en ek hoop hulle geniet die pryse,” het voorsitter Christo Wessels gesê. “Ek wil ook die publiek uitnooi om by ons aan te sluit en aan die kompetisies deel te neem.” Tydens die vorige byeenkoms was die tema vir foto’s vir evaluering “Ground Level”. Weer eens is kwaliteitfoto’s vertoon en dié keer was die gunsteling vir Gansbaai Courant ‘n foto van sampioene wat deur klublid Lettie van Staden geneem is. Navrae oor Gansbaai Fotografieklub kan aan Christo Wessels by 082-920-9738 gerig word, of kontak vir Linda Kloppers by 082-550-7313. ‘n Epos kan ook aan gansbaaifotografieklub@gmail.com gestuur word.

Hardus Botha

Die gewildste foto met die tema “Ground Level” van sampioene is deur Lettie van Staden geneem  

Fotografieklub Kompetisiewenners

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant